Wettige perlemoen skep werk

Wettige perlemoen skep werk

Gansbaai Courant

Die kweek en groei van wettige perlemoen deur etlike perlemoenplase, onder andere in die onmiddelike omgewing, dra grootskaals by tot werksgeleenthede - nie net op die perlemoenplase nie, maar ook by etlike plaaslike besighede. Een so ‘n voorbeeld is Omega Ondernemings van Kobus van Staden wat van sy nuutste perlemoenplaas-kontrak vertel.

Kobus het reeds etlike kontrakte in die verlede gefinaliseer en die huidige een is vir die bou van uitgroei-tenks (grow-out tanks), wat meegebring het dat hy werk aan sowat 26 werkers kon bied. Nog twee voorbeelde van plaaslike besighede is Marine Plastics en Gamco, maar vele ander vind ook baat by die perlemoenplase. Die kweek en groei van wettige perlemoen se vier belangrikste stadiums is die broeitydperk, larwetydperk, vestigingstydperk en die speentydperk (Brood stock, Larva rearing, Settlement and Weaning). Daarna word die perlemoen na buite in die groei-tenks (grow-out tanks) oorgeplaas.

Die 4 perlemoenplase in die onmiddelike omgewing is Atlantic Abalone Farm, Buffeljachts Abalone Farm, I & J Dangerpoint en Roman Bay Seafarm, met nog ‘n beplande perlemoenplaas te Buffeljachts deur HIK (HAW & INGLIS). Inligting rakende hulle werksgeleenthede word gekombineerd verskaf om nie statistieke aan ‘n spesifieke perlemoenplaas te koppel nie: Permanente werkers ±320; Tydelike kontrakwerkers ±25-50; Uitbreidings in proses ±80 permanente werkers; Uitbreidings met opgraderings ±120-150 werknemers, asook verdere uitbreidings vir ±120-150 werknemers. So kan daar aangegaan word, alles tot voordeel van die omgewing, ekonomie en werkskeppingsgeleenthede.

Hardus Botha

 Foto: ‘n Deel van die groep werkers van Omega Ondernemings wat baat vind by Perlemoenplaaskontrakte, by die “Grow-out”-tenks wat hulle plaaslik vervaardig word

Wettige perlemoen skep werk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant