Survey van Bote

Survey van Bote

Gansbaai Courant

Die survey (ondersoek) van Sport- en Ontspanningsbote, asook kommersiële bote deur ‘n amptelike surveyor (ondersoekbeampte) het ‘n nuwe wending ingeslaan ná die aftrede van Koos de Kock. Koos het voorheen alle bote in die omgewing ge-survey, wat dit baie gerieflik vir booteienaars gemaak het. Die foon kon net opgetel word en ‘n afspraak kon met Koos gemaak word. Voortaan moet booteienaars met SAMSA (South African Maritime Safety Authority) die nodige reëlings tref. ‘n Ondersoekbeampte word dan van die Kaap af gestuur, maar dan moet ‘n minimum van 5 bote ondersoek word. “Dit is wat dit vir ons moeilik maak, maar ek is bereid om as koördineerder op te tree sodat ons ‘n groep bymekaar kan kry vir die ondersoekbeampte vanuit die Kaap,” sê Piet van Zyl.

“Ek is steeds die amptelike Veiligheidsoffissier en Ondersoek-beampte van die twee boothengelklubs, Overberg Boothengelklub en Birkenhead Boothengelklub en kan dus steeds hulle lede se bote survey, maar nie bote van eienaars buite die twee klubs nie,” sê Koos. Hy is sedert 1997 deur SAMSA as amptelike Small Vessel Surveyor aangestel. “Alle betrokkenes is reeds van die situasie in kennis gestel en booteienaars sal voortaan net vroegtydig vir ‘n surveyor met SAMSA moet reël om hul bote te laat survey,” sê Koos. Kennis kan ook geneem word dat Tjaart Olivier in Hermanus ook bote survey, maar dat hy nie na Gansbaai kom om dit te doen nie. Tjaart kan by 028-314-1023 gekontak word. SAMSA se kontaknommer in die Kaap is 021-421-6170.

Belangstellendes wat van Piet van Zyl se bereidwilligheid om ‘n basiese program vir besoeke vanuit die Kaap op te stel, kan hom by 083-309-9493 skakel.

Hardus Botha

Survey van Bote

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant