Meer en meer soos Jesus 4

Meer en meer soos Jesus 4

Gansbaai Courant

 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom ....sal die skape van die bokke geskei word..... Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves;Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van GOD gedoen het, Hom vra: ‘HERE, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’(Mat 25:31-40)

Hoef ek meer te sê as wat hierdie gedeelte self sê? Daar is eenkeer beweer dat daar twee vrae aan ons gestel gaan word as ons voor Jesus moet staan. Die voorlaaste vraag gaan wees: “Glo jy My as jou enigste HERE?” Die laaste vraag gaan wees: “Hoe het jy my aardse familielede behandel?”As jy nou na jou lewe kyk en jou interaksie met die mense wat jou pad kruis – behandel jy hulle asof hulle Jesus self is?

Jy hoef nie die hele wêreld te verander of aan alle mense in ons dorp goed te doen nie. Jy hoef nie alles vir almal te wees nie. Wees asseblief net daar vir een ander mens. Gaan staan net vir ’n oomblik stil by iemand wat nie die beste van beste dae beleef nie. Bid nou net daar vir een persoon wat in jou gedagtes opkom en dra hom of haar by die naam aan die HERE op.

Wees jy die stukkie genade wat iemand wat moedeloos is, vandag nodig het.

Weet jy nie vir wie jy vandag Jesus kan wees nie? Vra die Heilige Gees om jou oë oop te maak vir iemand wat jou nodig het. Raak sensitief vir mense wat jou pad kruis omdat die Heilige Gees hulle naby jou gebring het. Ja, eers as jy self in ’n intieme verhouding met Jesus leef gaan jy naby ander mense kom. Gee jouself as ’n lewendige offer aan Jesus en jy sal sien hoe Hy jou gebruik om ’n verskil in ander se lewe te maak!

Meer en meer soos Jesus 4

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant