Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Die Sea Stars Netbalklub van Gansbaai het hulself gedurende die afgelope twee maande goed van hul taak gekwyt,” vertel Bertruline Dickson van die klub.
Sy sê hulle is op 17 Mei na Hermanus en die telling was soos volg: A-span wen teen Hangklip (Kleinmond) 16-15; B-span verloor teen Grabouw 7-10. Op 31 Mei is die spanne na Bredasdorp, met die volgende telling: A-span verloor teen Swellendam 16-18 en die B-span wen teen Happy Hearts (Bredasdorp) 14-13. Die tuiswedstryd op 20 Junie eindig soos volg: die A-span wen teen Happy Hearts (Bredasdorp) 23-16 en die B-span verloor teen Ikamvalethu 8-14.
Die klub se volgende wedstryd is op 27 Julie te Kleinmond. “Die klub wens graag vir Leana Botbyl sterkte toe met haar knie-operasie en dat sy spoedig sal herstel,” sê Bertruline. “Ons wens ook vir Donita Kaptein geluk wat gekeur is om op 15 Julie in Hermanus aan die proewe vir Overberg Ontwikkelingspan te gaan deelneem. Bertruline bedank graag vir De Wet van Niekerk van Gansbaai Superspar en Piet van Lekkerbekkie vir die donasies vir hulle hoenderbraai. “Dit was ‘n groot sukses en ons getroue ondersteuners was weer eens baie lojaal.”
Vir hulle gereelde sportlesers sê sy: “Ons speel netbal vir die liefde en passie wat ons vir die sport het en ook om Gansbaai se mense trots te laat voel!”
Navrae kan aan Bertruline Dickson by 072-707-5687 gerig word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...