Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Die algemene Jaarvergadering van Franskraal Rolbalklub wat op Vrydag 20 Junie,  na lang voorbereiding, gehou is behoort tot die verlede.  Hiermee rig ons woorde van hartlike dank aan die uittredende President en -Bestuurspan  vir die harde werk wat hulle die afgelope jaar, suksesvol, tot voordeel van Franskraal Rolbalklub verrig het.  U werk en ywer  word baie hoog op prys gestel. Ivan aan jou en jou span wens ons alles wat mooi is toe en ons hoop julle geniet nou rolbal sonder die gepaardgaande stres van die verskillende ampte.

Die nuwe verkose bestuur is: President - Philip Malherbe, Vise-President - Jane de Villiers, Sekretaris - Marius de Wit, Tesourier - Kristo Jooste, Klubkaptein - Archie Chambers en die Klubbestuurder is Gert Pretorius.  Hartlik geluk aan julle en ons wens julle alle sukses toe met die bestuur van Franskraal Rolbalklub gedurende die volgende termyn.  Daar wag baie uitdagings op julle, maar ons weet dat die klub, met al sy aktiwiteite, in goeie hand verkeer.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n uitnodiging te rig aan almal wat dit oorweeg om betrokke te raak by die spel rolbal.  Hierdie sport is van lae intensiteit en is geskik vir alle ouderdomme.  Self fisiesgestremdes, gesiggestremdes en persone wat in rolstoele gekluister sit, kan gerus kom deelneem.  Ons klub beskik oor uitstekende afrigters wat vir u sal leer hoe om kompeterend teen - en saam met  -  nie-gestremdes spelers deel te neem. 

Franskraal Rolbalklub beoog ook om, sodra die weer saamspeel, kaalvoet rolbal op Woensdae vir alle werkende en nie-werkende persone aan te bied. Dit gaan groot pret wees en sal na werksure plaasvind.  Ons sal lesers van Die Courant hieroor verwittig sodra  ons daarmee begin.

Vir meer in ligting oor hoe om by ons klub aan te sluit, kan u gerus vir Marius de Wit by (0829260892) mtdewit@absamail.co.za of Philip Malherbe (0829202941) philipm@sswifi.co.za kontak.  Rolbalgroete, Philip Malherbe

Rolbalnuus

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant