Gaan haal die punte Black Leaves

Gaan haal die punte Black Leaves

Gansbaai Courant

Daar is hoegenaamd geen verskoning vir die span van Gansbaai om maar net te gaan afreken met die span van Montagu (Villagers) komende Saterdag nie.

Kom ons konsentreer meer oor Black Leaves se eerste span wat tans in 'n goeie posisie is om na die top vier te beweeg. Met die blaaskans wat die manne geniet het behoort die Ceres wedstryd van voor verlede week die manne 'n lekker hupstoot te gee.

Montagu het seker een van die beste agterlyne in die kompetisie, maar met die talent waaroor die Baaiers beskik kan hulle Montagu laat les opsê. Ja, met die agttal waarmee Black Leaves deesdae vorendag kom gaan die vonke beslis spat. Die span van die Baai het wel vroeër die seisoen omtrent raak gevat om op vorm te kom. Die Afrigters kan glimlag omdat daar soveel diepte op die plaasvervangings bank is.

Met Gavin Wildschut wat die agttal lei, blaas hy behoorlik stoom in daar voor en met Franco Fredericks wat agter lei speel hierdie twee komponente 'n goeie samehorende rol. Met die laaste wedstryd Saterdag in die eerste rondte sal die manne moet goed afsluit om vorentoe 'n gerekende faktor  wees. Ons hoop om van hierdie dinamiese jong agterlyn lang afstand drieë te sien, maar om dit te kan vermag het hierdie latte ook groot ondersteuning nodig. So kom en pak die bus vol. Voorspoed Black Leaves. NS - Rooies, Wynand, Michael en Lood - wil julle nog game maak? Staan dan nader ouens.   So sê Bra "G"

Gaan haal die punte Black Leaves

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant