Probleme

Probleme

Gansbaai Courant

Soos op die meegaande foto gesien kan word is daar tóg vis gevang. Hoewel nie te veel gespog kan word nie is daar mos niks verkeerd met ‘n geelbek of wat nie. Selfs ‘n klompie mooies is gevang terwyl so paar van 2, 3 kilogram ook gesig gewys het. Silwervis in die diep is ‘n goeie opsie en dan word die geelbekkies tussen hulle gevind. Die enkele mooi oulywe maak dit nogal die moeite werd en ‘n makriel of wat sorg vir opwinding. Groot romanne loop onder rond met Pw’s en mooi hotties wat ook in die diep gevind word. Die groot nuus is dat ‘n paar mooi snoeke in die nette beland het en dit gee mos hoop, alhoewel hulle nog nie werklik aan die byt gegaan het nie  --  wel nog nie met hierdie skrywe nie.

Vir skippers wat hulle bote moet laat inspekteer (survey), wag daar probleme. Mnr. Koos de Kock wat dit die laaste klompie jare gedoen het gaan nie meer voort daarmee nie.  Koos verduidelik dat hy noodgedwonge daartoe besluit het en geen ander keuse het as om sy aktiwiteite af te skaal nie. Wat hy nog wel gaan doen is om bootklublede te akkomomodeer. Dit sal egter net skippers wees wat ook aan die WP-hengelvereniging geaffilieer is. Hierdie manne kan dus gerus wees. Hy beplan om einde Maart volgende jaar behoorlik die leisels neer te lê en dan behoorlik af te tree. Enigeen wat intussen raad soek met die bootondersoek kan hom kontak en hy sal ‘n telefoonnr. verskaf van iemand wat dit kan doen. Dit lyk asof Hermanus op die oomblik ‘n heenkome kan bied. Hy voorsien egter dat teen die end van hierdie jaar (so teen Desember) iemand hier nader aan ons beskikbaar sal wees.

Die kommersiële manne sal soos voorheen met Samsa kan skakel om hulle bote te laat doen. Hieraan sê Koos kan hy ongelukkig niks maak nie.

Groete, Seemeeu 

Foto: George Rowan, Albert Potgieter, die twee Neethling-broers, Ruan links, en Deon  (eersgenoemde se eerste keer op ’n boot) met ‘n welkome paar visse. 

Probleme

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant