Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

Gansbaai Courant

 “Overberg Boothengelklub het on-langs die Kleinbaai Inter-provin-siale Bodemvis Hengelkompetisie met groot sukses aangebied,” vertel Riaan van Staden van die klub.

Hy sê ‘n totaal van 6 spanne het vanjaar ingeskryf: Barbarians, Grens, OP Rooi, OP Swart, WP Senior, asook WP Junior. “Die deelnemers is deur die klub se voorsitter, DP Burger (TO), Stephen Ashlin (voorsitter) en Lee Wiid (WP voorsitter) verwelkom. Smaaklike etes is voorgesit en daar is tussendeur heerlik saamgekuier. Riaan sê die see was maar rof met die eerste dag. Die puntestand was soos volg: WP Senior (110.28 punte), OP Rooi (77.88 punte), Grens (71.48 punte), OP Swart (27.80 punte), WP Junior (16.87 punte) en Barbarians (11.28 punte). Die swaaste visspesies was: Rooi Roman (2.3kg - Jaundré Geldenhuys), Rooistomp (2.9kg - Eugene van Tonder), Silvervis (1.8kg - Juandré Geldenhuys) en Gurnett (1.3kg - Phillip van der Walt). Die Top Hengelaar van die dag was Eugene van Tonder (16.65kg) en die Top Skipper was DP Burger op King Fisher. Dag 2 het eweneens mooi vangstes opgelewer, met die puntestand soos volg: OP Swart (526.59 punte), WP Junior (443.7 punte), WP Senior (257.07 punte), Grens (203.85 punte), Barbarians (182.55 punte) en OP Rooi (173.49 punte). Die swaarste visspesies was: Rooi Roman (2.45kg - Alan Ford), Rooistomp (3.5kg - Frans Kennedy), Silvervis (2.75kg - Colin Joubert), Snoek (3.85kg - Jaundré Geldenhuys), Geelbek (7.35kg - Peter Dawson), Kabeljou (2.0kg - Robert Dahl) en Hottentot (1.4kg - Bradley Bartlett). Die Top Hengelaar was Peter Dawson (79.68 punte) en die Top Skipper was Gustav Groenewald op Blaasoppie. Dag 3 was minder van ‘n goeie hengeldag en net 4 spesies is ingeweeg. Die puntestand was soos volg: OP Swart (130.8 punte), Barbarians (126.75 punte), WP Senior (29.34 punte), WP Junior (16.69 punte), OP Rooi (14.34 punte) en Grens (8.78 punte). Die swaarste visspesies was: Rooi Roman (2.85kg - Pieter Didloff), Rooistomp (4.15kg - Pieter Didloff), Silvervis (1.95kg - Gedeel: Colin Joubert en Bradley Bartlett) en Geelbek (1.6kg - Mike Pulcella). Die Top Hengelaar was Peter Dawson (18.82 punte) en die Top Skipper Louis Bekker op Haven. Die volledige uitslae van die kompetisie is soos volg: 1ste OP Swart (685.19 punte), 2de WP Junior (477.26 punte), 3de WP Senior (396.69 punte), 4de Barbarians (320.58 punte), 5de Grens (284.11 punte) en 6de OP Rooi (265.72 punte). Die volgorde van die Top skippers was: 1ste Louis Bekker (Haven), 2de DP Burger (King Fisher), 3de Gustav Groenewald (Blaasoppie), 4de Thys Louw (Sophie), 5de Ian Fourie (Laurika 2), 6de Lucas Holtzhausen (Dad’s Toy) en 7de Patric (Sophie). Die Algehele Top Hengelaar is Peter Dawson met 107.68 punte. “Dankie aan almal wat deelgeneem het en ver gery het om die kompetisie moontlik te maak en ons sien daarna uit om julle weer volgende jaar hier te sien,” sê Riaan. “Dankie ook aan al die klublede wat so hard gewerk het om alles reg te kry sodat alles vlot kon verloop.”

Riaan bedank ook alle borge, waarsonder ‘n kompetisie soos hierdie nie moontlik sal wees nie. Navrae rakende Overberg Boothengelklub kan aan Riaan van Staden by 082-929-8688 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by rjavanstaden@yahoo.com.

Hardus Botha

Foto: Die WP se Senior Span: Colin Joubert, Philip van der Walt en Piet Skiet van Rensburg met hul vangste.

Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant