Kwaskenades se kwaste

Kwaskenades se kwaste

Gansbaai Courant

Die Kwaskenades Kunsgroep van Olga Swanepoel se kwaste is al vir sowat 5 jaar woelig aan die verf. “Aanvanklik het sowat 3-4 dames sommer in my motorhuis bymekaar gekom om te skilder, maar die groepie het geleidelik uitgebrei,” vertel Olga. “In 2012 het ons, op uitnodiging, by die voormalige Ciro’s restaurant bymekaargekom om te skilder.” Olga sê die groep dames het al meer begin word en sedert Januarie 2013 kom hulle op Woensdae in Gansbaai Lionsklub se saal bymekaar, waar daar voldoende ruimte vir die skilderklasse is.

“Tans het ek 16 studente, waarvan drie van die aanvanklike studente steeds die klasse bywoon, naamlik Agnes Celliers, Annie Smit en Liz Levey.” Olga verskaf die basiese en noodsaaklike onderrig aan haar studente, maar met voldoende vryheid om hul eie skilderstyl uit te leef. Die meeste van die studente verkies om olie as medium te gebruik, maar daar is ook variasies van waterverf en pastel. Olga en haar studente se onlangse uitstalling op Saterdag, 5 Julie 2014 in die Lighthouse Tavern van Julia Barlow, het suksesvol verloop. Sy en elkeen van haar studente het elk twee skilderye uitgestal, met Julia wat gesorg het vir ‘n koppie tee/koffie en ‘n soetigheidjie vir die besoekers.

“Ek voel baie tevrede met die aantal besoekers wat die uitstalling besoek het en is ook trots op my studente vir hulle puik werk, selfs al skilder sommiges van hulle nog maar net ‘n paar maande,” sê Olga. “Van die ander het reeds baie goed gevorder en ons streef daarna om die standaard van die kunswerke voortdurend te verbeter.” Slegs drie van Olga se 16 kunsstudente, Veronica, Roseline en Trienke was teenworrdigheid toe die meegaande foto geneem is.

Belangstellendes kan vir Olga by 082-444-9172 vir verdere besonderhede skakel.                                        

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Veronica, Roseline, Olga (skilderkuns-aanbieder) en Trienke

Kwaskenades se kwaste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant