Prestige Presidents inhuldiging

Prestige Presidents inhuldiging

Gansbaai Courant

Gansbaai  Lionsklub het,  soos gebruiklik,  vir ‘n prestige onthaal  vir die  Presidentsinhuldiging gesorg.  Die geleentheid  is in B-Blondes restaurant aangebied, met as eregaste die Gebiedsvoorsitter, Lance Maythan en sy eggenote van Bredasdorp, Nico Loubser, Lionpresident van Bredasdorp en Harry Bourquin, Lionpresident van Hermanus Lionsklub.

Jan le Roux het as seremoniemeester opgetree, met Pieter de Vries wat die vlagplegtigheid hanteer het. Christa de Vries het die heildronk op die Republiek van Suid-Afrika ingestel, met Johanna le Roux wat die heildronk op Lions Internasionaal ingestel het. Die uittredende Lionpresident, Boats van Staden, het die jaar se bedrywighede en projekte aan die lede oorgedra en het almal, sonder die uitsondering van name, van harte bedank vir hul harde werk en ondersteuning tydens projekte wat aangebied is. Daarna het die Gebiedsvoorsitter, Lance Maythan, die inhuldiging van die nuutverkose Lionpresident, weer Boats van Staden, waargeneem en hom daarna aan die woord gestel. Boats het sy waardering vir die vertroue wat weer eens in hom gestel is, uitgespreek. Hy het ook onderneem om, met almal se ondersteuning, weer ‘n pad van harde werk en inisiatiewe te stap - alles onder die vaandel van die Lions se leuse: “Om te dien.”

Boats het sedert 2009 tot 2012 vir 3 agtereenvolgende termyne as Lionpresident gedien, daarna vir 2013/2014 en nou weer vir 2014/2015 - dus sy 5de termyn as Lionpresident. Die volgende trofeë is vir getroue diens oorhandig: John van Huysteen (Presidentstrofee) en Jan le Roux (Lion van die Jaar Trofee). Die Projek van die Jaar Trofee is nie vanjaar aan ‘n spesifieke Lion toegeken nie, maar gesamentlik aan alle lede vir hul harde werk en opofferinge. ‘n Spesiale brief deur Lions Internasionaal is aan Gert Louw oorhandig vir 15 jaar van getroue diens in die organisasie.

Gansbaai Lionsklub se nuutverkose ampsdraers vir die 2014/2015 termyn is: Boats van Staden (Lionpresident), Wessel Lombard (Visie President), Jan le Roux (Nuwe lidmaatskap), Johanna le Roux (Sekretaris), Andries Jansen van Vuuren (Tesourier), Fred van Eeden (Leeutemmer), Andries Jansen van Vuuren (Draaksteker) en Johanna le Roux (Reklame).

Christa van B-Blondes restaurant het vir ‘n smaaklike ete tydens die prestige-geleentheid gesorg, wat kreef as voorgereg, vark- en lamboud as hoofgereg en malva poeding as nagereg ingesluit het. Die verdere verloop van die aand was baie gesellig en het met gesellige samesyn gepaardgegaan.

Hardus Botha

Foto 1: Vlnr is Sarie van Staden, Lionpresident Boats van Staden en Lion Lance Maytham, wat Boats se inhuldiging as Lionpresident hanteer het.

Foto 2: Lion John van Huysteen (regs) wat met Gansbaai Lions se Presidentstrofee vereer is, maar weens sy gesondheid nie die geleentheid kon bywoon nie, met Lionpresident Boats van Staden links.

Foto 3: Links is Lion Jan le Roux wat as Lion van die Jaar bekroon is, met Lionpresident Boats van Staden wat die trofee-oorhandiging gedoen het

Foto 4: Lion Gert Louw ontvang 'n Internasionale skrywe van gelukwense vir 15 jaar diens van Lionpresident Boats van Staden

Prestige Presidents inhuldiging

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant