Dis altyd lekker op en by die see

Dis altyd lekker op en by die see

Gansbaai Courant

Indien jy vanaf ‘n boot hengel en die vis byt nie, of het opgehou byt, kan jy maar seker wees  --  voorspel net hardop “kom ons gee pad, die vis byt nie meer nie”, en so waar as vet, die vis kry weer lewe. Hoe sal dit nou werk indien jy dieselfde logika van toepassing maak op die huidige situasie met betrekking tot die traagheid van die vis om aan die byt te kom? Miskien, net miskien, werk dit tog!

Die weer volg steeds dieselfde patroon, wat beteken jy kan net een of twee maal ‘n week dit op die see waag. Jy sal wel vis vang maar tot nou toe is dit die geelbek en snoek wat maar net nie behoorlik wil opdaag nie. Die hotties se tyd is omtrent verby en die ou groot vettes is  ook nie meer volop nie. Oulywe, dis waarvoor nou probeer moet word. Bietjie dieper in, so 40 meter en selfs nog dieper behoort ideaal te wees. Onthou net, daar is ook baie kleintjies en dié moet teruggeplaas word. Die wettige grootte is 35 cm. Loop maar versigtig!

 Van die bote het die naweek nie te sleg gevaar met veral silwervis en hotties nie. Die kommersiële bote weer vang heelwat haai.

Die nuwe lanseerfooie vanaf Kleinbaai-hawe vir sport en ontspanningbote is R500 vir die jaar. Oordeel maar self.

Die naweek het ons bietjie afgesit Plaat toe, om die ou lang stokke bietjie oefening te gee. Eers het ons gaan loer by Kleinbaai en Franskraal maar die water was vir hengel alles behalwe belowend. Dis toe ons besluit om die Plaat te besoek. Die water het ons aangenaam verras, veral as jy dit vergelyk het met die hengelgate wat ons eers by was. Laat ek sommer ‘n lang storie kort maak,  ons het nie eers ‘n byt gekry nie! Selfs die warm water het nie gehelp nie. Dikbek is ons weer terug. ‘n Ou wat ek weet sy storie ken het ons glad nie geglo toe ons kamstig vra of hy nie ‘n paar galjoen wil hê nie. So met ‘n skuins glimlag (beterweterig?) lig hy ons toe in dat die weer nie reg is nie, en weg is hy. Die weer moet mos sorg dat die water reg is, en die water wás dan reg  --  “nevermaaind” die verkeerde weer!! Iemand anders se mening was dat die water te rof was by die Plaat. Daaraan sluk ons maar swaar. By Pearly Beach gaan dit baie beter en van die hengelaars is baie gelukkig met vangste.

In elk geval, lekker vang. Seemeeu

Dis altyd lekker op en by die see

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant