Montagu maak amok teen Black Leaves

Montagu maak amok teen Black Leaves

Gansbaai Courant

Wat die opskrif hierbo aanbetref  kan daar bladsye vol geskryf word, maar kom ons kry die hele besigheid 'n bietjie in perspektief.

Dat die ouens van Montagu die Baaiers verlede week behoorlik op hul herrie gegee het laat nogal 'n wrang smaak na maar tog het die "boys" met 'n goeie gees huiswaarts gekeer. Bo en behalwe die rugbyles wat Black Leaves by die Villagers van Montagu geleer het hul ook die volgende keer. Montagu was tot toe die sukkellende span in die kompetisie maar het op 'n operasie klub skoonmaak besluit en daarom die reuse sukses behaal. Ja en net daar het die Baai dan opslag wakker geskrik en besluit om sonder onderhandeling die snoeiskêr behoorlik te kom inlê.

Reeds met die aankoms daar op Montagu se sportgronde kon jy die samehorigheid oplet en vanaf die staanspoor het hulle die veld gevee met die Swart-Blare. Black Leaves se derdes keer wel terug met 'n bonus puntjie (6-12). Die tweedes het vir die hele duur van die "game" nie die doellyn gesien nie en daarvoor kon die eerste span darem 'n troos drie behaal, danksy Brenton Lee Dickson se flinke spel. Met die lekker verloor daar anderkant het die Baaiers nogal die "guts" gehad om Montagu te "blew" vir die herontmoeting by die huis. Die uwe het dit gehoor en hy weet al wat gaan gebeur. Dit gaan waaragtig eina wees vir Montagu.

Die klubs is in reses vir minstens twee weke en Black Leaves beplan fondsinsamelings ten opsigte van bedrywighede op Blompark sportgronde.

Met 'n behoorlike tien wedstryde oor gaan jy nooit die fokus van die Black Leaves afkry om die top vier uitspeel wedstryde te haal nie.

Amateur rugby op ons dorpe leef swaar a.g.v tekorte aan finansies. Die klub vra dus mooi vir hulp, bystand, ondersteuning en/of enige bydrae wat kan help tot jong sportsterre se vooruitgang om nie op verkeerde weë te beland nie.

So sê Bra "G"

Argieffoto: Gavin Smit, losskakel, in aksie.

Montagu maak amok teen Black Leaves

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant