Knysna Half Marathon

Knysna Half  Marathon

Gansbaai Courant

Die Football Foundation Of South Africa het verlede Saterdag aan die Knysna Forest Half-Marathon deelgeneem.   Afrigter Corrie Avenant en drie van sy atlete, Themba Mangali, Marco Maarman en Thembasile Mangali het die 21km aangepak.

"Dit was 'n wonderlike ervaring vir ons atlete om aan hulle eerste half-marathon deel te neem en ons is baie trots op hulle. Die atlete neem ook tans deel aan die Boland Landloop Proewe," het Avenant gesê.

Themba het uitgeblink deur 14de in 'n tyd van 01:21:23 oor die eindstreep te hardloop in 'n wedloop waaraan 4000 deelnemers deelgeneem het. Thembasile was 34ste in 01:25:08 en Marco 158ste in 01:36:52. Hul afrigter het die afstand in 01:59:47 afgelê.

Volgens Avenant, is hul tans ook in die proses om 'n atletiekklub in die dorp te stig. "Ons wil graag hê dat meer mense betrokke raak en deel wees van hierdie wonderlike sport. Ons het so baie jong talent in die dorp en met die regte ondersteuning kan hulle nog baie hoogtes bereik.  German Lewis, Vasti Pietersen, Azadia Wardt doen ook baie goed in die Boland Proewe hierdie jaar en staan ook 'n kans om hulle provinsie te verteenwoordig," het hy gesê.

Alle atlete word net weer herinner dat landloop-oefening weer komende Maandag 16:00 begin. Navrae kan aan Corrie Avenant by 084 832 2991 gerig word.

Knysna Half  Marathon

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant