Snoek in Hermanus

Snoek in Hermanus

Gansbaai Courant

Hierdie afgelope naweek darem kans gekry om op die see te kom. Ongelukkig is dit nog nie ‘n baie gelukkige storie nie… Eers gaan lê jy op ‘n plek aangedui deur die GPS. Nie dat dit baie gehelp het nie, want eers na ‘n paar keer se skuif kon daar darem gespog word met ‘n paar bul-romanne. Die hotties wat jy tussenin vang (ook maar aan die klein kant hoor) laat jou tog besig bly. Die ou groot, vettes is klaar met vakansie en vir hulle sal ons heel rukkie moet wag.

Die werklike goeie nuus, en dis nou te sê indien my informant reg is, is die snoek wat in die omgewing van Hermanus gevang is. Dadelik is jou gedagte “ons is volgende!” Soos almal weet moes die snoek al hier gewees het en hulle teenwoordigheid by Hermanus  maak jou ongeduldig. Ons sal maar moet sien of daar nie ‘n radikale verandering in die patroon kom nie. Ek belowe om so gou as ek gewaar dat die snoek gesig wys, dit te verkondig.

Die hengelkompetisie wat die ouens met die lang stokke gehou het, was ook maar nie so vreugdevol nie. Moet sê, as ek een galjoentjie inweeg, sal my vreugdevure baie hoog brand. ‘n Man kan maar wispelturig wees wanneer dit kom by of jy van verskillende visse se smake hou, maar daar is werklik baie min mense wat gaan stry as dit by galjoen kom. Daar kom net niks by ‘n vet galjoentjie op ‘n ordentlike rooster nie. Wel…ons kan nogal praat oor die vet pensgedeelte van ‘n snoek.

Kom ons hoop die nuus kom vinnig en oordonder ons sommer!! Groete, Seemeeu

Snoek in Hermanus

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant