Dogters 016 Rugby Toernooi geslaagd

Dogters 016 Rugby Toernooi geslaagd

Gansbaai Courant

Boland se dogters o/16 rugbyspan het in Durban saam met nog 15 Provinsiale spanne aan 'n Nasionale toernooi deelgeneem. Die Bolandspan sluit onder andere  Witzenberg, Overberg, Swartland, Brieërivier en Langeberg-streek in. In hul eerste wedstryd het Boland  en die Lions swaarde gekruis , waar Boland as oorwinnaars uit die stryd getree het (10-5).  

Die volgende wedstryd was teen die Pumas waar hul weer eens as wenners was (12-10).  Na 'n afdag was die laaste wedstryd teen die Sharks  waar ons met 20-0 verloor het. Na die wedstryd is daar aangekondig dat 3 dogters, Tamlin Engel, Esmeralda Davids en Keishia Stuurman in die SA groep opgeneem is.  Zandre Otto van Gansbaai Academia  (blondekop in die middelste ry heellinks) het in al 3 wedstryde gespeel en haar goed van haar taak gekwyt.

Die lang tog terug is daarna aangepak en die dogters was by hul aankoms in Wellington in trane aangesien hegte vriendskappe gevorm is. Danver August (heelregs op die foto) het sy dank teenoor die Overstrand Munisipaliteit uitgespreek vir die week wat hy afgekry het om die span as hoofafrigter te vergesel. Hy is ook die Boland Seuns o/15 rugbyspan se hoofafrigter sowel as hulpafrigter van die Senior Vroue Boland Rugbyspan.

Francois de Jongh

Dogters 016 Rugby Toernooi geslaagd

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant