AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

Gansbaai Courant

“AfriForum sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.”  Dit is die kommentaar van Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, na dit in die media bekend geraak het dat die Afrikaanse TV-nuusbulletins inderdaad van SABC2 na SABC3 (met ʼn baie kleiner opvangs) gaan verskuif. 

“Die dele waar SABC3 nie opgevang kan word nie, naamlik groot dele van die Noord-Kaap, Oos-Vrystaat, Oos- en Wes-Kaap, is oorwegend gebiede waar die meerderheid mense juis Afrikaans praat.  Dit is onaanvaarbaar dat die SAUK sy verpligting as openbare uitsaaier teenoor die Afrikaanssprekende publiek so versaak,” het Bailey bygevoeg.  “Afrikaanssprekendes se taalregte gee hulle aanspraak op diens en die skending daarvan kan nie geduld word nie.” 

Met die eerste gerugte oor die stap, het AfriForum die SAUK om meer inligting gevra, maar geen antwoord is nog ontvang nie.  “Ons is bewus van die feit dat klagtes toe teen die SAUK by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) gelê is.  In die lig van die meer breedvoerige aankondiging, sal AfriForum ook ʼn klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) lê.  Aan die hand van terugvoer van ICASA en PANSAT sal op verdere regsaksie besluit word. 

In ʼn aanverwante saak het AfriForum gemeld dat tans op ʼn regsmening gewag word rakende aksie teen die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.  Met die kontroversie wat oor sy kwalifikasies, bestuursgeskiedenis, aanstelling, houding jeens vroueregte en mediavryheid, asook skynbaar Afrikaans heers, is sy aanstelling onaanvaarbaar. 

“Dit lyk asof die SAUK toenemend dieper in omstredenheid en wanbestuur vasgedraai raak.  AfriForum verbind ons daartoe om op alle moontlike maniere te sorg vir die beskerming van taalregte, verantwoordelike korporatiewe bestuur en mediavryheid,” het Bailey bygevoeg. 

Alana Bailey

AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

Alana Bailey

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant