Elim Home vra hulp

Elim Home vra hulp

Gansbaai Courant

“Ons fondse het skraps geraak en ons wil graag die agterplaas van Elim Home gelyk en mooi maak,” vertel Jo-Anne Swart van Elim Home. “Daarvoor benodig ons dringend donasies vanuit die gemeenskap.

Elim Home is ‘n woning vir kinders en jong volwassenes met ernstige intellektuele en fisiese gestremdhede en is in 1963 in Elim gestig. Hulle is bewus van kinders in die Overbergstreek wat sonder gemeenskapssorg is. Met die hulp van Klinieke en Maatskaplike werkers is begin met uitreikgroepe in Gansbaai en Stanford gedurende 2006. Aanvanklik is begin met 10 kinders in Gansbaai en 3 kinders en 4 volwassenes in Stanford. Dan sien hulle ook om na heelparty jong kinders vanaf die ouderdom 2 jaar in Gansbaai, met goeie resultate met terapetiese- en stimulasieprogramme wat weekliks aangebied word.

As gevolg van die resultate en nood, is ‘n dagsorgsentrum in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal begin, wat deur 3 ouers en Elimpersoneel bedryf word. Finansiële ondersteuning is deur MAMMAS Africa en die departemente van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling verskaf. Vir hierdie en ander projekte, asook uitbreiding in Gansbaai en Stanford, is die ondersteuning deur die gemeenskap en besighede onontbeerlik.

Vir navrae en ondersteuning, asook vir bydraes ten opsigte van die bovermelde versoek, kan Suster Cunningham of Jo-Anne Swart van Elim Home by 028-482-1988 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by elimhome@zsd.co.za.

Hardus Botha

Elim Home vra hulp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant