Namibie Suidwes

Namibie Suidwes

Gansbaai Courant

Dit moes ‘n brawe man gewees het wat laas week dit op die see gewaag het. En het jy dit wel gedoen was daar nie veel te wen nie.

Die naweek gepraat met ‘n hengelaar wat twee keer ‘n jaar in Namibië (die ou Suidwes klink vir my steeds meer “reg”!) gaan hengel. Ek het dit voorheen gesê, en gaan dit weer doen  --   indien jy nie een keer in jou lewe daarheen is om te gaan hengel nie, sal jy altyd iets kortkom. Ek self was net een keer daar, gelukkig toe met my familie en sal altyd dankbaar bly dat ek daartoe in staat was.

Wat kan ‘n man nou oor die area sê wat nie welbekend is nie? Lees bietjie waaroor ek die naweek gesels het en kyk of jy nie ook lus voel vir lippe aflek nie. My vraag aan hom was of daar nog steeds baie vis is en of dit nog die moeite werd is. Sy antwoord aan my was om te verduidelik hoe dit die vorige keer gegaan het, en sê, hy, hulle plek is reeds bespreek vir later hierdie jaar. Elkeen in dié groepie het hulle eie taak om te verrig en syne is blykbaar om van die gereedskap en ander goed te verskuif en gereeed te hou  --  en te help vis skoonmaak. Soms gebeur dit dat hulle die een dag baie en massiewe kabeljoue vang. ( Hy skets hierdies wat met sleepsterte gedra moet word) Dié moet natuurlik die aand nog, skoongemaak word. Almal van ons wat lief is vir hengel weet ook dat dit nou nie van die aangenaamste take is nie. In elk geval het hulle reeds hul kwota kabeljou gevang en dus is die besluit dan om die volgende dag vroeg in te val maar om te konsentreer op galjoen. Daarvan sê hy het hulle ook baie gekry, maar snaaks genoeg, was hierdie vis oor die algemeen nie baie groot nie.

Sy mening is dat die heel grotes nie daar rond dwaal nie. Hieroor het ek ‘n ander opinie gehad, aangesien ek toe ek daardie tyd daar was, juis gespog het oor die baie bulle.

Ons het ook baie gepraat oor die verskeie vangplekke en maniere wat aangewend word. Wie weet nie dat galjoen baie maal vlak wei nie? Hy vertel my toe van hierdie een plek waar hulle glad nie ingooi nie maar net die lyn aan die stok se punt vasmaak en die lyn dan in die water laat sak. Só vlak is nuus vir my! Daar is mos baie hengelaars hier by ons wat tog die kans gebruik en selfs die wat gereeld hierdie kus besoek. So het die ou my ore aangesit?

Finansies is gewoonlik die groot problem en om twee keer ‘n jaar soontoe te gaan is nie vir almal beskore nie, probeer tog net vir hierdie één keer. Ai tog. 

Groete, Seemeeu

Namibie Suidwes

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant