Suksesvolle Sterilisasiedag

Suksesvolle Sterilisasiedag

Gansbaai Courant

 “Die Sterilisasie Veldtog wat die week van 7 Julie gehou is, was ‘n groot sukses en altesaam 130 diere is gesteriliseer,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Dit is die meeste sterilisasies wat nóg tydens so ‘n projek gedoen is.

Die operasies is in ‘n mobiele kliniek van ‘n Welsynsorganisasie van die Kaap gedoen. Annalie bedank graag vir Bea Coetzee, Liana Stevens, Christel Swart, Sonia Rowan en Lindi Coetzee. “Dan ook ‘n groot dankie aan Marié en Johan Botha van Uilenkraalmondoord vir hulle hulp en bystand, asook die bydrae van Overstrand Distriksmunisipaliteit ten bedrae van R1,000 vir die aankoop van brood en botter wat saam met die heerlike sop, geskenk deur Karen de Wet en Casper en Magda Niemand, aan wagtende eienaars uitgedeel is.” Sy sê Casper en Magda het ook heerlike kerrie-vetkoeke vir die Veearts en haar span gemaak. “’n Spesiale dankie ook aan Gansbaai Superspar wat 15 aandetes vir die veearts en haar span oor die 4 dae geborg het.” Annalie se grootste dank gaan aan die publiek van Gansbaai vir hulle donasies en ondersteuning aan BARC se winkel en finansiële bydraes. “Sonder hierdie bydraes sal BARC se finansies nie ‘n projek soos hierdie kon loods nie en hopelik sal daar weer so 'n sterilisasieveldtog vroeg volgende jaar gereël word, afhangende van beskikbare fondse.”

Die gemeenskap blyk onder die indruk te wees dat sterilisasieveldtogte gratis aangebied word, aangesien die sterilisasie van diere gratis is. Dit is egter nie die geval nie, aangesien BARC daarvoor betaal. Annalie sê daar gaan eersdaags weer lootjielyste in omloop wees en doen ‘n beroep op die gemeenskap om dit te ondersteun. Twee pryse, geborg deur Great White Shark Cage Diving van White Shark Diving Co sal op die spel wees.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

Suksesvolle Sterilisasiedag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant