Black Leaves se bulte uitgeklop

Black Leaves se bulte uitgeklop

Gansbaai Courant

Alhoewel die Gansbaaiers se bulte daar anderkant op De Doorns (Proteas) met 22-3 uitgeklop was beteken dit nogal nie hulle is platgeslaan nie, net behoorlik uitgestryk.  Black Leaves se agttal het egter goed gewoel.

Daar kan nie nou nog plek wees vir houe vat nie, eerder uitdeel van hier af. Die vraag is, hoe gaan dit vermag word? Die antwoord is, die vinger moet direk na die afrigting bestuurspan gewys word, "finish en klaar". Dat jy in die groter Gansbaai nie 80 rugbyspelers kan ontwikkel nie en hulle gelukkig by die klub kan hou nie spreek onder andere boekdele.

Ja, wat, die ouens het verloor maar het wel beterskap getoon. Veral die feit dat die tweedespan goed vertoon het vir die dag om mt 11-10 te seëvier en nou het daar outjies aan die voordeur begin klop.

Black Leaves se vorige twee teenstanders, Montagu en De Doorns lyk asof hulle die twee vormspanne in die afdeling kan wees. 

'n Klompie name word vir die toekoms uitgesonder wat reg bestuur moet word: Divvy, Daan, Fella, Devan, Anwill, Adrian, Slums, Sampie Saal, Mano, Monty, Bradwill, Brian, Clayton en Warnie. Komende Saterdag 2 Augustus pak die Baai vir Genadendal tuis aan.

Black Leaves se uitstaande wedstryde

2 Aug        Black Leaves   / Genadendal tuis

9 Aug        Safcol      / Black Leaves weg Grabouw

16 Aug   Black Leaves  / Standards tuis Bredasdorp

23 Aug   Ashton       / Black Leaves weg

30 Aug   Black Leaves / Kleinmond tuis

6 Sep     Caledon          / Black Leaves weg

13 Sep       Black Leaves / Young Hamiltons tuis Worcester

20 Sep       Hamlets                 / Black Leaves  weg Ceres

27 Sep       Black Leaves / Villagers (m) tuis Montagu

So sê Bra "G"

Black Leaves se bulte uitgeklop

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant