Hengelnuus

Hengelnuus

Gansbaai Courant

Die feit dat daar nie vis is om van te praat nie, maak die hengelstorie nie minder lekker nie. Hoewel ek vir ‘n tydjie nou al voorspel dat die poppe gaan dans het daar tot dusver bitter min gebeur. Dit is natuurlik so dat dit onwaarskynlik is dat jy droëbek van die water gaan terugkeer indien jy jou storie ken. Dat niks uitsondeliks sover gebeur het nie, beteken eenvoudig dat dit binnekort wel sal gebeur. Ek meen, behalwe dat die weer jou eintlik ‘n aanduiding moet gee, (en dit nie doen nie) hoe lank kan dit so aanhou?

Die plesier van hengel is ook nie beperk tot ‘n boot nie en hengel met ‘n lang stok (van die kant af) is natuurlik ‘n ander oorweging wat amper tweede natuur is vir meeste hengelaars. Kom ons vergeet vir ‘n oomblik van finansies en praat sommer so oor die hoekoms en waaroms. Liggaamlik is dit nie altyd moontlik om of die een vorm of die ander te beoefen nie. Ek onthou jare terug toe die ou omie met my kom praat het en aangesien ek hom as ’n boothengelaar geken het, was dit vir my snaaks om hom gereeld met ‘n visstok te sien afsit na een of ander plekkie langs die see. Sy verduideliking aan my was dat hy nou te oud geword het om met ‘n boot see toe te gaan en gevolglik van die kant af moes vang. Dit het ek vreemd gevind aangesien dit volgens my andersom moes gewees het. Nabetragting het my egter anders na die saak laat kyk. Indien jy met jou lang stok see toe gaan en rustig jou plekkie gaan uitsoek is dit seker ideaal vir die ouer persoon, maar stel jou voor ‘n geklouter oor die rotse en groeiwater wat jou vaskeer. Wat dan? Ek sou sê dit hang af van die soort hengelaar wat jy is. Vir die ernstige ou gaan dit maar moeilik wees om hom te beperk tot ‘n veilige plekkie langs die see. Van ‘n boot af weer is dit nogal belangrik om te weet wat jou te doen gaan staan, veral as jy deel gaan wees van ‘n vaste “crew”. Anker trek en algemene dekwerk is nie vir sissies nie!

So wat nou? Kyk eers die kat goed uit die boom en besluit dan. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is oom Freddie Carr. Hierdie jaar 88 en juis deel van ‘n vaste bemanning. Sy skipper sê dat hy maar nukkerig kan wees en bietjie skelmdoof, maar hy mag mos op so ‘n ouderdom! Maar hy is ‘n plesier om op die boot te hê en vang ‘n hond uit ‘n bos uit. Hy word darem ankerwerk gespaar en is ‘n groot bate op die boot.

Groete, Seemeeu

Opsomming AUGUSTUS 2000-2013

2000. Geen rekord (Aug.)

2001. Hotties, roman, PW’s, roman, baie snoek.

2002. Roman, hotties, PW’s, baie geelbekkies, haai, silwervis.

2003. Baie geelbek. Snoek, roman, haai.

2004. Silwervis, roman, baie snoek

2005. Haai, hotties, (snoek loop al 3 weke), kwaai winde onderbreek vangste. Baie geelbek

2006. Baie snoek, geelbek, kabeljou.

2007. Vangste swak. Hotties, pangas, ondergrootte rooisteenbrasse.

2008. Maat geelbekke. Oulywe.

2009. Paar pangas, hotties, 1 kabeljou, 1 witstompie, snoek, hotties, roman, haai, elf, geelbek.

2010. Silwervis, makriel, baie kabeljou. PW, roman, baie snoek.

2011. Silwervis, roman.

2012. Baie snoek, roman, hotties, haai, silwervis. Baie goeie maand.

2013. Silwervis, hotties, 1 banksteenbras.

Hengelnuus

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant