Sharkys word slim skrywers

Sharkys word slim skrywers

Gansbaai Courant

‘n Fantastiese geleentheid het leerders van Academia te beurt geval. Me Elana Bredell van NB-uitgewers het ‘n skryfwerkswinkel vir leerders van Gansbaai Academia moontlik gemaak.  As jy dus ‘n aspirant-skrywer is, is hierdie die geleentheid om jou drome waar te maak.

21 Afrikaanse leerders van Gansbaai Academia het vroeg op Saterdag, 26 Julie opgestaan en die gure weer trotseer om die skryfwerkswinkel by te woon.  Die werkswinkel is aangebied deur Me. Maya Fowler, bekende skrywer van Afrikaans en Engelse boeke.   Leerders skryf elkeen ‘n kortverhaal wat deur Maya nagesien gaan word en die beste kortverhaal in die graad gaan ‘n boekprys wen.  Boeke vir die boekprys is twee van Maya se boeke en 3 van ander skrywers.

Die Afrikaanse opvoeders van Academia is baie opgewonde oor hierdie  inisiatief van NB- uitgewers en baie dankbaar vir al die ondersteuningsmateriaal wat aan die skool geskenk is.  Dit was lekker om te sien hoe leerders se skryftegnieke en potensiaal ontgin word.  ‘n Aangename atmosfeer het heeltyd in die sessies geheers en leerders was trots om hul “stories” met ander te deel.  Leerders kon ook pryse wen en dit het gesorg vir lekker pret.

Dit is ‘n groot voorreg wat ons te beurt geval het en ons kan nie genoeg dankie sê nie.

Carien Fortuin

Sharkys word slim skrywers

Carien Fortuin

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant