Kom ons omhels mekaar

Kom ons omhels mekaar

Gansbaai Courant

“Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil.” (Gen 33:4)

Kan jy onthou wat het gebeur in die geskiedenis tussen Esau en Jakob? Ja, Jakob het sy broer bedrieg en sy eersgeboortereg gesteel met ’n pot lensiesop en met skaapvelletjies oor sy arms om sy pa te bedrieg! Daarom moes hy vlug en het vir 14 jaar in Midian gaan woon by familie. Toe hy besluit om terug te keer na sy geboorteland was sy grootste vrees dat sy broer Esau hom sou doodmaak. Maar wat doen Esau toe Josef naderkom? Hy hardloop sy bedrieër-boer tegemoet en omhels en soen hom! Dis nou broederliefde!

“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk 15:20)  Hierdie is die gelykenis van die verlore seun – deur Jesus vertel. Nadat die jongste seun sy hele erfporsie uitgeleef het met slegte vriende en vroue, moes hy varke oppas om aan die lewe te bly. Toe besluit hy om huis toe te gaan – wetende dat sy pa hom kan wegjaag of soos ’n slaaf behandel. Maar wat doen sy pa? Toe hy hom nog vêr langs sien aankom hardloop sy pa hom tegemoet en omhels hom en soen hom! Dit is wat vaderliefde doen!

“Die HERE het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die HERE het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.” (Deut. 32:10)  Al het GOD se volk baie vêr van hom afgedwaal, al het hulle afgode aanbid en Hom diep teleurgestel, nogtans het Hy hulle omhels en vertroetel! Dit is wat ons Hemelse Vader doen!

Hoe gereeld omhels jy nog jou kinders? Druk jy gereeld jou vrou teen jou vas en soen haar? Gee jy vir jou werkers ’n drukkie as hulle dit nodig het? Dit klink vir my dit is ’n Bybelse opdrag wat ons maar gerus kan toepas. Laat ek jou verseker: Mense het nodig dat hulle omhels word. Nie sommerso ’n afstand drukkie nie – maar ’n deeglike omhelsing. Luister na die volgende ware verhaal:

Greg Norman, die professionele gholfspeler staan bekend vir sy yskoue geaardheid. Hy het sy hardgebaktheid by sy pa geleer. Sy pa het hom altyd met die hand gegroet al wou hy so graag soms ’n drukkie gehad het. Tydens die 1996- Meesterstoernooi het hy beweer: “Niemand hier rond ken my eintlik nie.”  In dié toernooi het hy voorgeloop van die begin af en het die laaste rondte met ’n seshou-voorsprong begin. Tog het ’n jong gholfspeler, Nick Faldo, die ses houe uitgewis en met die voorlaaste putjie was hulle gelyk. Faldo het ’n briljante voëltjie aangeteken op die laaste putjie. Die twee het na mekaar toe gestap en Norman het sy hand uitgesteek – en hom vasgeloop in die warmste omhelsing. Hulle het albei gehuil. Later het Norman gesê: “Ek het nie gehuil omdat ek verloor het nie, ek het al baie keer in my lewe verloor. Ek het gehuil omdat ek nog nooit van ’n ander man ’n omhelsing ontvang het nie. Hoe het ek my lewe lank daarna gesmag!” Wat sê dit vir jou?

Gaan doen jy dit ook!

Kom ons omhels mekaar

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant