Ons is nog lief vir Black Leaves

Ons is nog lief vir Black Leaves

Gansbaai Courant

Dit mag lyk asof julle Saterdae, hou vir hou alleen, op die veld moet verskyn maar julle moet glo dat die Baai nog bankvas agter julle staan, manne.

Met nog weer 'n stamp agter die rug en die Baai stik nou behoorlik aan sy eie blare. Die ouens het verlede Saterdag hul wedstryd teen Genadendal, kom ons sê nie verloor nie, maar vir die soveelste maal weggesmyt. Lat dit maar swaar op die oor val.

Black Leaves, die doellyn sit nie langs die kantlyn nie, nou wat wil ons vir mekaar sê, reguit hardloop met die bal in die hande, anders kan geen vorm of fases van rugby gespeel word nie. Wat hieruit spruit is dat nie 'n bal aangegee kan word nie.

Sal 'n mens dit regtig kop toe vat dat Black Leaves se opponente hulle nie meer reken as 'n gevaar nie? Die span van Black Leaves is so ingestel dat hulle hulle alweer klaar voorberei om die magtige SAFCOL van Grabouw van die appelbome te gaan afspeel. Black Leaves met sy betreklik jong span gaan die een of ander tyd op vorm kom. Dit herinner aan 'n span van die 90's wat reeds die Baai gebring het tot binne die Premier Liga. Hier dink 'n mens aan ouens soos Jaun Lewis, Gordon, Koppe, Frank, Boetie Bud, Kinne, Apie, Andrew, Karra, Trol, Eli, Sampie, Speedy, Pieter Jantjies, Sammy, Piet, Jacquie, Hein, Daniel, Jason en Lood. Dit was ouens wat pak gevat het maar het die pad oopgespeel vorentoe. Julle genoemde ouens, kom help man. Kan die Baai nie maar Saterdag al sy nonsens laat staan en SAFCOL gaan opvoeter nie. Die Waratahs het dan met die Crusaders so gemaak.

So sê Bra "G"

Ons is nog lief vir Black Leaves

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant