Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Op Dinsdag 29 Julie het ons klub 'n baie suksesvolle interne driespel-kompetisie aangebied. By hierdie geleentheid het 12 spanne mekaar die stryd aangesê. Heerlike sonskynweer het bygedra tot 'n wonderlike rolbal ervaring. Alle wedstryde is in die gees van  ware sportmanskap afgehandel en opponente se goeie skote is deurentyd hartlik erken.

Elke span het drie wedstryde van 12 koppe elk gespeel en die wenners is by wyse van, wedstryde gewen en punteverskil aangewys. Strawwe mededinging was aan die orde van die dag en elke span was daarop uit om sy opponent met beter skote te troef. Dit alles het daartoe bygedra dat uitstekende, aanskoulike rolbal deur die loop van die dag gespeel is. Attie Louw van Gansbaai Petrol was ons borg van die dag en ons is baie dank aan hom verskuldig vir die pragtige bedrag wat hy aan ons klub beskikbaar gestel het.  Ons, soos die meeste van die sportklubs en ander instansies in Gansbaai, is afhanklik van ons plaaslike besighede en privaat individue vir borgskappe.

Sonder hul bydraes sal dit nie vir ons, as rolbalklub, moontlik wees om sulke geleenthede aan te bied nie. Nogmaals baie dankie Attie, jou bereidwilligheid om ons klub tydens hierdie geleentheid by te staan, word baie hoog op prys gestel. Die wenners van die dag was die span van Jan Fouché (skipper), Sonja Chambers en Chris Malec. Tweede was Betsie Schreuder (skipper), Victor Breach en Lerina Ferreira met in die derde plek Gideon Pienaar (skipper), Jane de Villiers en Roelof Eksteen. Baie geluk aan al die wenners. Gelukkige trekkings is ook gehou en daar was selfs 'n roosprys vir die span wat die hardste probeer het om te wen, maar slegs daarin kon slaag om die laaste posisie te beklee. Wel gedaan ook aan julle.

Die afgelope Donderdag het ons klub 'n oefensessie vir rolbalspelers aangebied.  Agt deelnemers van Hermanus,  sowel as vier van Franskraal het hierdie geleentheid bygewoon.  Al die spelers is aan strawwe oefeninge, wat bykans die hele dag in beslag geneem het, blootgestel.  Almal was dit eens dat die dag, ten spyte van moeë lywe en seer voete, die moeite geloon het en dat hulle baie baat daarby gevind het. Hiermee dan ook my hartlike dank aan Archie Chambers wat my bygestaan het met die uitlê van die bane asook Henk, Madeline, Stefanus, Melvyn en Jeff wat hul hele dag opgeoffer het om as tellinghouers op te tree. Julle is ware staatmakers.

Kontak my gerus by 082 920 2941 indien u daarin belang sou stel om deel te neem aan die wonderlike sport rolbal. 

Groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbalnuus

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant