Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

Gansbaai Courant

Gansbaai se Leeskring was Dinsdag, 5 Augustus die gaste van Dirk en Trienke Laurie by ‘n Opperman-voorleesdag . Trienke is die dogter van Dirk Opperman, die bekende en geliefde digter. Sy en haar man, Dirk, woon tans op Franskraal in die Oppermanhuis, Bieblebom in Sea View Rylaan, Franskraal.

Dirk Opperman is honderd jaar gelede op 29 September 1914 gebore en die geleentheid was om sy lewe en werk te vier.

Dirk het ‘n puik en presiese program beplan en Trienke en Annemarie, voorsitter van die Leeskring, het ‘n heerlike maaltyd voorberei.  Dit was ‘n stadige kuier met wyn en woord in die huis waar die groot skrywer gewoon en gewerk het.  ‘n Keur uit Opperman se werk is om die beurt deur die gaste voorgelees.  Na elke voorlesing het Dirk of Trienke baie interessante kommentaar gelewer en ook vrae beantwoord. Negester en Stedelig is deur haar pa geskryf terwyl haar ma haar verwag het. ‘n Wonderlike erfenis vir enige kind.

Draaikewers, verwerk vir twee sprekers, is op ‘n gevoelvolle wyse  deur Dirk en Trienke voorgedra en het spontane applous ontvang.

Terwyl die son deur die wolke breek en Kluitjiesbaai se branders  oor die riwwe breek, onthou ons dié dag, meer as vyftig jaar gelede, toe Mike Germishuys en Thys Pieterse se skuitjie daar deur ‘n blinde brander  omgekeer is.  Heel gepas was die impromptu dramatisering van Opperman se gedig, Kantelkompas, oor die tragiese gebeure.  Thys Pieterse figureer in die gedig as Doors Dubbeldop.

‘n Behaaglike dag, met Raka se wyne en afgerond met Vea se roly-polypoeding, het almal saamgestem.  ‘n Veer in die hoed vir die organiseerders en ‘n heildronk op Opperman.  So ‘n formidabele skrywer se werk  kan jaarliks gevier word.

Die bosviool op Franskraal was stil, maar ons glo dat dit in die Hiernamaals gejubel het.

Lees Thys se storie, Evergreen hiernaas.

Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant