Bobaas Potjiekos

Bobaas Potjiekos

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub se onlangse maandeindfunksie is weer eens terdeë geniet - potjiekos in ‘n yslike No 20 driepoot-pot. Die bedrywige klublid, al roerende en loerende om seker te maak sake verloop goed, was Kobus du Toit van Vleispaleis. Die gewillige hande wat die skil- en voorbereidingswerk die vorige aand al gedoen het, is Philip en Lorainne Fourie, Johan en Suzette Wiese en Annette Burmeister. Hulle het ook vir die opskeppery gesorg.

Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop was die dag se kompetisieborg (R500). Die gelukkige wenners van ‘n bottel goeie wyn was Marie Reid (ook die borg vir die aand) en At Roux, met Ronél Downing wat die kaartjienommers getrek het en Johan Wiese wat dit altyd organiseer. Raymond Rabe het soos gebruiklik gesorg vir voete-jeuk dansmusiek tot laataand toe. Die pragtige en volledig-toegeruste klubsaal, met kroegfasiliteite, is teen billike tariewe beskikbaar en Ralph Gibbs kan vir besprekings by 083-561-6917 gekontak word.

Die klub se volgende boothengelkompetisie saam met Overberg Boothengelklub is vir 27 September 2014 geskeduleer, maar die maandfunksie sal oudergewoonte op die eerste Saterdag van die maand plaasvind - 6 September 2014. Genoemde funksie sal in die vorm van ‘n Spesiale Lentedans geskied, met die versoek dat maskers gedra sal word.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Funksie-besprekings kan by Johan Wiese by 084-680-1269 gedoen word.

Hardus Botha

Bobaas Potjiekos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant