Van Klagter tot Wagter

Van Klagter tot Wagter

Gansbaai Courant

“Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, HERE, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” (Hab. 1:2)

Hoor jy hoe kla hierdie profeet van GOD? Klink dit nie vir jou bekend nie? Dit is asof hy nou hier in Suid-Afrika woon en sien wat rondom ons gebeur. In sy tyd was daar  ’n korrupte koning,  sy naam was  Jojakim  (nie Jakob  Zuma nie!) Boosheid, misdaad en korrupsie het orals geseëvier terwyl respek vir die wet van die HERE heeltemal verdwyn het. Habakuk is moedeloos oor alles wat gebeur.  Sy wiele is pap. Alles loop verkeerd. Lees Habakuk 1 en jy sal hoor hoe hy kla – ek noem hom sommer ’n “Klagter.”    “Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.” (Hab. 1:3) Net soos ons weet Habakuk nie wat om te doen nie. Tog moet ons mooi kyk wat hy volgende doen.

Hy rig vir hom ’n uitkyktoring op en begin wag op die HERE. Habakuk verskuif vanaf klagter tot wagter. Hy begin wag om te hoor en te sien wat GOD sê en doen. En GOD wat getrou is,  antwoord hom.  Meer as dit,  Hy maak aan Sy profeet bekend hoe groot Hy as GOD is – die Heerser van die aarde en alles daarop!  In een oogwink verander alles. Terwyl Habakuk 1 net oor die profeet se ongelukkigheid en vrese handel, skuif alles nou in hoofstuk 3 na GOD se grootheid en almag.

GOD antwoord nie sy profeet met rasionele antwoorde oor hoekom die lewe so onregverdig is en hoekom dit lyk asof Hyself soms afwesig is nie. GOD laat Homself vind deur elke soekende, wagtende mens.  Habakuk se klagtes bots kop aan kop met die lewende GOD.  Dan kom sy rustelose hart tot rus. Habakuk beleef die Here se almag wat die waters laat bruis en die berge laat skud en beef... en wat al sy vrae stilmaak.

Om te wag lei tot krag. Die regte wag lei altyd tot ’n nuwe ontdekking van GOD se hart. En tot rus in Hom. O ja, ook tot ’n nuwe loflied te midde van chaos, soos wat Habakuk dit in 3:17-18 uitjubel. “Al sou die wingerde nie vrug oplewer nie en al sou die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel en juig in God my Redder.”

So werk geloofsgroei. Klagters word Wagters op die HERE. ’n Nuwe belewenis van die lewende GOD word ervaar. Aan die HERE se voete kom moeë mense tot rus. Wanneer ons ons laste aan sy voete neersit, word daardie woede in ons algaande vervang met kalmte. Frustrasie maak plek vir tevredenheid... en bitterheid vir vrede. Dit gaan oor meer as wag.  Dit gaan oor wag in die HERE. Ons in Suid-Afrika wag nie op dinge nie, ons wag op die lewende GOD! Hy alleen regeer alles ten goede!

Van Klagter tot Wagter

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant