Vroue wys staal

Vroue wys staal

Gansbaai Courant

Die VGK Ring van Caledon se Vrouediens het op Saterdag, 9 Augustus 2014 ‘n optog vir Vrouedag vanaf Gansbaai Biblioteek tot by Gansbaai Primêr se skoolsaal gereël. Hierdie inisiatief is onder leiding van die voorsitter, Martie Priga gereël en is deur sowat 300 vroue vanuit die Ring bygewoon: Gansbaai, Caledon, Bredasdorp, Grabouw, Villiersdorp, Groenland, Tesselaarsdal en Overberg.

Die optog het goed verloop, met ‘n gesellige en goed-georganiseerde Vrouedag-program vir die res van die dag. Hierby was ingesluit ‘n smaaklike Vis- & Patat braai, enkele toesprake, samesang, boeresport en groot vreugdes en opgewondenhede. Boeresport-items was onder andere 50m resies, eier & lepel, naald & gare en sakresies. Die Groen-, Rooi-, Geel- en Blouspanne is uit verteenwoordigers vanuit verskillende gemeentes saamgestel, met die Geelspan wat gewen het.

Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum het die verwelkoming waargeneem, met Martie Priga wat die bedankings gedoen het. Nellie Jimlo (72) het die openingsgebed gedoen. Past Jacob Prins het as seremoniemeester en gasspreker opgetree en die gaste met ‘n Bybelse boodskap gelei, met ‘n spesiale en toepaslike boodskap oor die deugde van die hedendaagse vrou. Margi Muller en haar span dansende dogters van Masakhane het die vrouens behoorlik op hol gehad, met eindelose applous. Hulle laaste dans het hulle voor die verhoog uitgevoer, met ‘n groot hoeveelheid vrouens wat spontaan aan die dansery meegedoen het.

Die musiekmakers, wat ook voor in die optog gery het, was André Felix en Samuel Jacobs. Die flinke braaiers was Fanie Elias, Karin Belport, Nadia Hoogbaard en Sydney Lottering.

“Ek bedank graag die Gansbaai-vrouens vir hul samewerking, die Ring van Caledon se verteenwoordigers, Margi Muller en haar dansertjies van Masakhane, ons wonderlike gasspreker, past Jacob Prins vir sy treffende boodskap en sommer vir almal wat ‘n bydrae tot ‘n baie suksesvolle Vrouedag in Gansbaai gelewer het,” sê Magrieta.

 Hardus Botha

Vroue wys staal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant