Die Onmoontlike Tweeling

Die Onmoontlike Tweeling

Gansbaai Courant

Twee kosbare mense, alhoewel bekend as “grapjaste”, wat as individue, maar ook gesamentlik, diep spore in verskeie gemeenskappe en organisasies getrap het. Sonder twyfel het elkeen van hulle ook ‘n diep en menslike kant. Ter sprake is Johannes Petrus Mclachlan (Jannie) wat op 7 November 1947 in Rawsonville gebore is, en vanselfsprekend op dieselfde datum, sy tweelingbroer, Pieter Barend (Pietie) Botha - en tans is hulle in die ouderdom van 66 jaar en 8 maande - met Jannie wat 20 minute ouer is as Pietie! Hulle ouers was wyle Piet (Mossie) en Pauline (Juffrou) Botha, met hul pa wat oorlede is toe hulle maar 5 jaar oud was, maar hul ma het 91 jaar oud geword. Hulle het in Rawsonville en Worcester grootgeword en was leerders aan Laerskool Worcester-Noord en Hoërskool De Villiers Graaff en het net ‘n suster, Ronelle (77) wat in Heidelberg (Kaap) woon. Die Botha’s staan sedert hul oupa se tyd as die “Mossies” van Rawsonville bekend. Pietie staan bekend as die meer “rustige” een, maar Jannie…aijaijai! In hulle geval gaan humorsin alle verstand te bowe, met ‘n “lekker lag” wat nog erger is. Altwee van hulle het destyds as gaste op die TV-program, “Maak ‘n Las”, van Tolla van der Merwe en Ollie Viljoen saam met Amore Bekker van RSG se Tjailatyd opgetree. Hulle sê hulle het nooit regtig daarop gefokus om presies dieselfde na geleenthede aan te trek nie. Dit het wel gereeld gebeur dat die een die ander een skakel, dan doen hulle dit byna gelyktydig, met een van hulle wat dan sou vra: “Wie het nou weer vir wie en waarom geskakel?” Gedurende Oktober 2013 stig hulle ‘n maatskappy in De Kelders, Twin Fix, vir allerlei bou- en restourasiewerke.

Jannie Botha

Jannie en sy eggenote, Leonie van Carnarvon, is op 25 April 1970 te Heidelberg (Kaap) in die huwelik bevestig, nadat hulle al vanaf Std 7 (Jannie) en Std 5 (Leonie) begin “uitgaan” het. Die egpaar het ‘n dogter, Janine (31), wat in Kaapstad woon en ongetroud is. Hulle seun is Bernhard (38), getroud met Karen en hulle het twee kinders, Liné (1) en Joani (5) en woon in Pretoria. Bernhard het jare gelede ‘n loodgietersbesigheid, Bernie’s Plumbing, in Gansbaai besit. Die eerste 13 jaar van sy beroepslewe werk Jannie vir Worcester se gemeenskapskoerant, Die Worcester Standard, in verskeie hoedanighede, asook fotograaf en advertensie-uitleg. Daarna bedryf hy sy eie skryfbehoefte-besigheid vir 5 jaar in Worcester, waarna hy dit in 1985 aan Waltons Stationery verkoop. Hy word as Bestuurder aangestel en spandeer die daaropvolgende 21 jaar daar. Gedurende hierdie tydperk verwerf hy toekennings soos Tak van die Jaar in Suid-Afrika (1993/94), Tak van die Jaar in die Wes-Kaap (2003/04) en ‘n Spesiale Toekenning (2004).

Gedurende 2007 tree Jannie finaal in De Kelders af. Tussen die werkery deur het Jannie diep spore in verskeie gemeenskapsaktiwiteite getrap: Dien op Beheerliggame van twee skole; Voorsitter van twee skole se Ouerverenigings, Oudskoliere Unie van Hoërskool De Villiers Graaff en Worcester Tafelronde (Round Table), waar hy ook op hulle WP Area Raad dien; Worcester Lionsklub, waar hy ook as Lionpresident gedien het, met toekennings soos Lionpresident van die Jaar, Lionklub van die Jaar, asook 8 ander toekennings, terwyl hy ook as Zone 410A-voorsitter dien; Gereelde seremoniemeester, fotograaf en afslaer tydens verskeie geleenthede, asook vir Worcester se Wynskoue en by geleentheid vir die Suid-Afrikaanse Jong Wynskou; NG Kerkraad; NG Kerkkoor; Voorsitter van De Kelders Belastingbetalersvereniging. Dus ‘n bedrywige lewe vir die eerste helfte van “Die Onmoontlike Tweeling”.

Pietie Botha

Pietie en sy eggenote, Annemarie van Durbanville, is op 3 Oktober 1987 te Rawsonville in die huwelik bevestig, met Pietie wat twee dogters uit sy vorige huwelik het: Julie (36), getroud met Paulo en die egpaar het een seun, Travis (2); Gail (37) en ongetroud. Altwee woon in Johannesburg. In 1965 sluit Pietie by die SAP aan en in 1969 is hy een van die eerstes wat grensdiens in die destydse Rhodesië by die Victoria Watervalle doen. Daarna sluit hy by die Speurdiens aan, nadat hy die nodige eksamens suksesvol afgelê het, en word in Kaapstad gestasioneer. In 1971 bedank Pietie uit die SAP Speurtak, waar hy sê hy dankbaar is vir die dissipline wat hy daar aangeleer het, wat baie vir hom in sy verdere beroepslewe beteken het. Hy begin by die destydse Trust Bank waar hy vir 8 jaar as Kredietkontroleur werk.” In 1979 beweeg Pietie oor na die Visserye Ontwikkelings Korporasie (Viskor) waar hy as Kosteklerk werk. “Ek het elke tjek vir die bou van Gansbaai se nuwe hawe uitgeskryf,” sê Pietie. Na Viskor se ontbinding in 1985 word hy in Santam se Regsafdeling aangestel, waar hy vir 3 jaar werk. In 1988 sluit Pietie by die Kleinsake Ontwikkelings Korporasie (KSOK), nou Business Partners aan, waar hy tot Bestuurder: Krediet- en Regsbeheer bevorder word. Net soos Jannie, tree Pietie ook gedurende 2007 finaal in De Kelders af. Ook hy het diep spore in gemeenskapsaktiwiteite getrap: Hy dien vir 15 jaar op die Bestuur van Tuine Tegnikon Rugbyklub en vir 11 jaar as Spanbestuurder (1ste span); Tree vir 15 jaar deeltyds op as huisfotograaf vir Mount Nelson Hotel, Ritz Protea Hotel, President Hotel en die destydse Heerengracht Hotel, asook fotograaf vir ‘n verskeidenheid van funksies, jaareindfunksies en troues; De Kelders Belastingbetalersvereniging as individu; NG Kerkraadslid; NG Kerkkoor; Rolbalklub. Dus ‘n eweneens bedrywige lewe vir die tweede helfte van “Die Onmoontlike Tweeling”. Pietie verkeer tans in goeie gesondheid, ondanks ‘n ernstige terugslag met drie hartaanvalle en ander gesondheidsprobleme aan die begin van die jaar.   

 Hardus Botha

Die Onmoontlike Tweeling

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant