Loslitdag is om die draai

Loslitdag is om die draai

Gansbaai Courant

Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 5 September plaas. Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdag-plakker sal dra.

Hou die blink kant bo

Met jou glinsterende oorbelletjies en briljante blou hoed

Want Loslit Dag is vanjaar 20 jaar oud

Trek alles uit die kas wat jy het!

Haal uit jou fraaiste rok met jou mooiste pet 

Tooi jou in sterretjies, blinkers en goud

Met deftige dasse en vrolike versiersels

Blink krale, pragtige vere en diamante in jou hare

Skitterend van kop tot tone

Maak net seker jy maak ‘n groot impak

Om persone met gestremdheid te ondersteun!

Loslitdag het oor die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse sake-instellings. Sommige maatskappye gebruik dan Loslitdag as ‘n geleentheid vir hul korporatiewe spanbou dae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore - persone met gestremdheid.

Die Loslitdag-tema vir die jaar is “Bring out the Bling” oftewel “Blink kant bo!”. Dink aan iets om te dra, en maak dit tien keer blinker. Of dra ‘n groot hand vol plakkers. Onthou Vrydag, 5 September is die dag vir blink aantrek. Vanjaar is Loslitdag se 20ste verjaarsdag en daarom kan mense jul partytjie-uitrustings aantrek.

Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word jaarliks georganiseer deur die raad se Loslitdagspan.

Ons organisasies neem deel aan die projek deur die infrastruktuur van die projek, om fondse in te samel vir die dienste wat hulle aan persone met gestremdheid lewer. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.

Loslitdag is vandeesjaar op Vrydag 5 September.

Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid. Die groot begunstigdes is die volgende organisasies: Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika; Die SA Federasie vir Geestes Gesondheid; Federasie vir Dowes van SA; Die Nasionale Raad vir Blindes; Outisme Suid-Afrika; Down-Sindroom Suid-Afrika; Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid; Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging; Die Nasionale Instituut vir Dowes; QuadPara Vereniging van Suid-Afrika; Alzheimer’s Suid-Afrika, en South African Disability Alliance.

www.casualday.co.za

FB: www.facebook.com/casualdaySA

Twitter: @CasualDay_SA

#BringouttheBling

#CasualDay

Loslitdag is om die draai

Vrydag 5 September 2014

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant