Goue Hande wen Loshande

Goue Hande wen Loshande

Gansbaai Courant

 “Dankie, julle gee die lewe sin,” lui die inskripsie op ‘n organiese keramiekbord wat aan die Goue Hande deur Badisa saam met ‘n pragtige sertifikaat oorhandig is. Francia van Dyk, sameroeper van die Goue Hande en Suster Linda Meyer het die toekenning in ontvangs geneem. Badisa (Christelike Barmhartigheid) het vraelyste aan etlike organisasies gestuur met die doel om die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aan te wys.

HaS het ‘n volledige motivering aan Badisa gestuur waarin Gansbaai se Goue Hande as groep aanbeveel is. Die onafhanklike beoordeling deur Badisa is gedoen, en…..Gansbaai se Goue Hande het loshande gewen. Hulle is as Badisa se “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - ‘n puik, maar ook ‘n welverdiende prestasie. Die Goue Hande is gedurende 1995, bykans 20 jaar gelede, gestig.

“Volgende jaar vier ons die Goue Hande se 20ste bestaansjaar en ons beplan groot feesvieringe,” sê Francia. “Die doel van ons groep is om die lewenskwaliteite van ons inwoners in alle opsigte te verbeter en daarom lewer ons daagliks dienste op persoonlike vlak en ook andersins by die Tehuis self.”

Enkele van die vele aktiwiteite wat deur Francia uitgelig is, is: Maandae klokslag daag Margie op met haar tasse en ander goedjies om na die inwoners se tone, voete en naels as ‘n liefdesdiens om te sien; Dinsdae laat Ute hulle wikkel en roer met ligte oefeninge om die gewrigte te stimuleer en die bloedsomloop te verbeter; Woensdae is Dalene en haar spannetjie daar met stimulasie op ‘n meer gesellige noot met bingo, domino’s en rummie-cup, asook lekker saamsing of om vir die jaarlikse Winterspele te oefen; Donderdae en Vrydae bedryf Petro en haar span ‘n gratis haarsalon. Dan is daar nog vele ander dienste wat gelewer word, soos om die inwoners vir inkopies te neem of om hulle inkopies te gaan doen, boekvoorlesings, spesiale bederfdae soos met Valentyns- en Moedersdae, blikkieskud, hulpverlening met fondsinsamelingsprojekte, asook tydens die jaarlikse basaar en andere.

Francia sê hulle het 10 jaar gelede hulle hoogtepunt bereik, maar met almal wat ouer word, bestaan daar nou ‘n dringende behoefte aan nuwe lede en mans is nie hiervan uitgesluit nie.

Vir navrae kan Suster Linda Meyer (028-384-0501) of Francia van Dyk (028-384-0262) gekontak word.

Die jaarlikse HaS Basaar is vanjaar vir 4 Oktober 2014 geskeduleer.

Hardus Botha

Goue Hande wen Loshande

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant