Oe wat praat

 Oe wat praat

Gansbaai Courant

Die tema van Gansbaai Fotografieklub se vorige byeenkoms was “oë/eyes” en die uitstekende foto’s deur die klublede het getoon hoe oë in ‘n foto kan “praat”. “Dit was ‘n baie leersame aand vir almal van ons en die foto’s wat vertoon is was kreatief en inspirerend,” sê Christo Wessels, voorsitter.

“Die wenfoto behoort aan klublid Jane Bailey met ‘n kunstige foto van ‘n gemaskerde gesig met oë wat duidelik en in perfekte fokus is.”  Marc du Plessis, die klub se kompetisie-offisier, meld dat die byeenkoms met luide applous oor Jane se foto afgesluit is. “Daar was nie baie inskrywings nie, moontlik as gevolg van die moeilikheidsgraad van die tema, maar die foto’s was uitstekend,” sê Marc. Christo het ‘n kort aanbieding gelewer oor die volgende tema, “Lente/Spring”, en klublede sodoende gehelp met idees en tipiese kamera-verstellings vir die beste resultate. Clive en Jane Bailey het ook hulle uitstaande kennis met die oog op die volgende tema met klublede gedeel met die doel om hul fotografie-vernuf te verbeter.

September (22ste) se tema gaan wees “Lente/Spring” en dié van Oktober (20ste) “Vervoer/Transport”.

Op 1 September sal Max Leipoldt as gasspreker optree en op 8 September sal Hennie Otto “boot gebaseerde fotografie” aanbied. Lede word ook herinner aan die Baardskeerdersbos-uitstappie van 6-7 September.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

 Hardus Botha

 Oe wat praat

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant