O HERE GOD red ons uit die mag van ...

O HERE GOD red ons uit die mag van ...

Gansbaai Courant

“Ek sal jou red uit die mag van slegte mense, jou bevry van dié wat op geweld uit is.”(Jer. 15:21)

“Al die konings van die aarde sal U loof, HERE, wanneer hulle u woord hoor, hulle sal sing oor wat die HERE gedoen het, want die mag van die HERE is groot.” ( Ps 138:4,5)

Só kan dit nie langer aangaan nie! Die geweld en misdade wat in  ons land elke dag plaasvind veroorsaak ’n paniek en vrees onder die Suid-Afrikaanse volk wat mense se denke en uitkyk op die lewe verlam. Statistieke wys dat daar 32 boere in die afgelope maand vermoor is. Wat staan ons te doen? Kom ons gaan na die Woord van GOD en vra raad.

GOD se Woord is duidelik. “Ons weet dat ons aan GOD behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is.” (1Joh 5:19)  As GOD se kinders weet ons dat ons nie langer in die mag van die sonde leef nie – Jesus het die mag van die sonde verbreek met Sy volmaakte offer aan die kruis. Aan die ander kant leef die wêreld nog in die mag van die duiwel, of die sonde. Reeds in die Ou Testament het GOD sy volk verseker dat Hy alleen wonderbare mag besit om hulle te red van vreemde volke en van dié wat op geweld uit is. (Jer. 15:21) As GOD se volk begin om Sy woord aan die nasies te verkondig en te praat oor alles wat die HERE gedoen het, sal die konings van die aarde begin om die HERE te loof, want sê Psalm 138:5 “Die mag van die HERE is groot!”

As christene moet ons dag en nag GOD loof vir Sy wonderbaarlike mag en waar ons gaan moet ons in die Naam van Jesus hierdie mag van GOD proklameer. Spreek dit hard uit oor elke situasie waarin jy mag wees. Jy staan onder die heerskappy van Jesus en nie meer onder die mag van die sonde nie. “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy lief het.” (Kol. 1:3) Verbreek die mag van die dwelmhandelaars wat ons jeug probeer vasvang in hulle mag. Hou aan om die mag van die misdadigers te verbreek in die Naam van ons HERE, Jesus Christus. Ons moet opnuut glo dat Jesus alle mag besit oorlewe en dood. Onthou wat Hy vir Maria gesê het toe Hy Lasarus uit die dood opgewek het: “Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van GOD sien nie?” (Joh 11:40)

GOD sal ons land red uit die mag van die misdadigers en moordenaars. Glo dit. Sê dit.

Hy kan jou vandag red uit die mag van verslawing aan drank, sigarette en pornografie. Begin om op te staan in die mag van Sy Naam en laat GOD weer beheer neem oor ons hele land! 

O HERE GOD red ons uit die mag van ...

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant