AfriForum Jeug loods

 AfriForum Jeug loods

Gansbaai Courant

AfriForum Jeug het vandag ’n kompetisie geloods waarin studente gevra word om ’n “selfie” op dié jeugorganisasie se Facebook-blad of Twitter te deel waarin studente hulle gesigte wegsteek, wat die simboliek oordra dat hulle gekant is teen rasseklassifikasie. 

"Ons moedig jongmense aan om op dié kreatiewe manier protes aan te teken teen rasseklassifikasie by universiteite, aangesien ons talle klagtes van studente kry teen wie daar op grond van ras gediskrimineer word, veral in Mediese en Veeartsenykunde Fakulteite,” sê Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug. AfriForum Jeug stel ook ’n spotprent bekend wat op ’n humoristiese wyse die dubbelstandaarde by die hantering van rasse-aangeleenthede in Suid-Afrika aandui. “Die werklikheid is dat twee dames wat hulle gesigte swart verf erger gestraf word as instellings wat jongmense ‘n toekoms weier op grond van hulle velkleur. Dit is waarom ons dié veldtog begin om mense aan te moedig om #NoFace-foto’s van hulself te versprei en standpunt in te neem teen ras as kriteria in hoër onderwys.”

“Daar heers ’n oorsensitiwiteit oor sogenaamde rasse-voorvalle en terselfdertyd ’n gebrek aan sensitiwiteit vir menswaardigheid wanneer dit by regstellende-aksiebeleide kom,” sê Dupper.

Om vir die kompetisie te kwalifiseer moet jy onder die ouderdom van 35 wees en jy moet ’n foto van jouself, waarop jy jou gesig op ‘n kreatiewe manier wegsteek, op AfriForum Jeug se Twitter of Facebookblad plaas met die #NoFace-hutsteken.

Volg AfriForum Jeug op Twitter by @afriforumjeug en soek die jeugorganisasie op Facebook om op hoogte te bly van die veldtog.

Eduan Dupper

 AfriForum Jeug loods

NoFace selfiekompetisie teen rasseklassifikasie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant