Alleen ritte vir voertuie

Alleen ritte vir voertuie

Gansbaai Courant

Die straatparkering voor Gansbaai Poskantoor raak nou ‘n berugte parkeerarea. “Hierdie voertuig wat sonder ‘n bestuurder van die Poskantoor straat-af geloop het, is minstens al die agste geval net vandat ek my besigheid hier geopen het,” vertel Johan Pieterse van Studio Jo-Signs. “Volgens inligting wat ek bekom het, was daar minstens nog twee soortgelyke voorvalle voor my tyd.”

Genoemde insidente begin telkens voor die Poskantoor waar die voertuie sonder bestuurders “die pad vat” - óf in die rigting van Studio Jo-Signs, óf net af in Hoofstraat, óf dit swaai in by Markstraat. Johan vertel van een geval waar daar twee kindertjies agter in die motor gesit het. “Die ouers het al hul pakkies net so op die sypaadjie neergegooi en agterna gehardloop, met die kleingoed wat ewe vrolik deur die agterruit vir hulle gewaai het.

Hierdie keer was dit Wayne Paizes van bioMassives se Ford Ranger wat op Donderdag, 21 Augustus 2014 “die pad gevat” het - ook vanaf die Poskantoor, maar dié keer verby Studio Jo-Signs waar dit teen Gansbaai Djolof Shop (waar Dit en Dat voorheen was) se ingangsmuur tot stilstand gekom het - sonder Wayne agter die stuur.

Johan het onlangs besluit om ‘n humor-plakkaat te druk, wat hy direk ná die laaste voorval teen sy deur vasgesit het: “We apologise this is unfortunately not McDonald’s”! 

Hardus Botha

Alleen ritte vir voertuie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant