Snoek

Snoek

Gansbaai Courant

Kyk na die meegaande foto en glo,  die snoek is hier! Moet nou nie ooropgewonde word nie want terwyl dit waar is is die vis nog skaars en kos dit ‘n gesukkel om genoeg gevang te kry. Bowendien is hulle ook nie van ‘n vreeslik hoogstaande gehalte nie, hoewel natuurlik glad nie te versmaai nie. So ‘n snoekie op die kole is ‘n móét as jy van hulle in die hande kan kry. Dit is nou die tyd om self water toe te gaan en jou geluk te beproef. Hoewel sommige bote (veral die wat kommersieel bedryf word) natuurlik kan vang soveel hulle wil, en bowendien die nodige kundigheid het daarvoor, is dit nogal ‘n storie vir die gewone boothengelaar om te weet wanneer, waar en hoe om hierdie uitsonderlike vis in die hande te kry. Maar, al vang jy net een, ek belowe jou, die ervaring alleen is die moeite werd.

Ons kan elke keer beskrywe hoe om ‘n snoek te braai en dit vingerleklekker op die braai doen, maar wat van klipvis? Reg gelees, klipvis. Lees gerus eers klaar en besluit dan.

Jare terug al is hierdie situasie aan my beskryf, maar omdat dit klipvis behels, het ek tot nou gewag. Snoek is mos skaars, so dink aan die volgende:

Jou kleinkinders wil gaan hengel, en om hulle te akkomodeer word elkeen ‘n ligte stokkie in die hand gestop en oupa en ouma sit saam af na die naaste poeletjie en vang met trots ‘n paar klipvissies. Nou word hierdie vissies weer teruggeplaas of huistoe geneem en met die vis in ‘n bak water geplaas, lewendig gehou om mee gespog te word. Dan word van hulle ontslae geraak  --  tot die kinders se ergernis, klaar gespog. Gebruik daardie vissies eerder, sny die pensies uit, maar behou die koppe (hulle lyk darem groter). Neem so ‘n klompie van hulle, braai in diepvet, lekker bros en botterbruin. Plaas hulle nou in ‘n bord, om die rand gerangskik, sterte na binne, met ‘n slaaiblaar of twee aan die binnekant. Hier en daar ‘n stukkie suurlemoen. Laat die kleinkinders meedoen en sê dis húlle vis en húlle braai. Nooi ‘n paar mense om saam te geniet, dan praat ons weer!! Al probleem, oupa moet more al weer gaan visvang vir nog ‘n braai.  Groete, Seemeeu

Opsomming SEPTEMBER 2000-2013

2000. Geen rekord. (Sept.)

2001. Snoek, hotties, baie haai. Roman, geelbek, pangas, witstompies.

2002. Baie silwervis.

2003. Geelbek, roman, hotties.

2004. Haaie, hotties, roman, geelbek, PW’s. *Sprake van tjokka.

2005. Baie snoek, geelbek.

2006. Geelbek, kabeljou, snoek, roman, elf.

2007. PW’s, ondermaat geelbekkies. Elf. Baie roman, 1 rooisteenbras (te klein)

2008. Geen rekord. (Sept.)

2009. Hotties, haai. (19 geelsterte by Kaappunt), hotties.

2010. Oulywe, roman, hotties, geelbekkies, klein kabeljoutjies (darem 1 van 9 kg.), mooi silwervis.

2011. Silwervis, hotties, roman. (Ander manne vang mooi kabeljou), PW’s, ondermaat rooisteenbrasse  --   verloor 3 grotes, silwervis, hotties. *Ander bote vang snoek by Dassiegat.

2012. Hotties, snoek, silwervis, PW’s, roman, baie geelbek, snoek.

2013. Snoek, geelbek, roman, hotties, silwervis.

Snoek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant