Sea Stars wag in spanning

Sea Stars wag in spanning

Gansbaai Courant

 “Ons het aan die einde van die netbalseisoen gekom en dit was die eerste jaar nadat die nuwe Overberg Netbal Unie gestig is en op eie stoom gefunksioneer het,” vertel Bertruline Dickson. Sy sê hulle het 8 wedstryde gespeel, waarvan hulle 1 teen Swellendam verloor het.

Dit plaas Sea Stars en Mount Pleasant gelyk met punte, aangesien laasgenoemde ook net 1 wedstryd verloor het. “Daar is toe besluit dat dié twee nie vir ‘n 1ste en 2de plek gaan uitspeel nie, maar dat ‘n doelgemiddeld uitgewerk gaan word om die wenner te bepaal,” sê sy. “Nou loop die spanning hoog onder die meisies, aangesien ons verlede jaar die kampioene van daardie liga was en ons wil graag op daardie sukses voortbou.” Donita Kaptein word hartlik deur die span gelukgewens met haar keuring om die Overbergspan in die Paarl op 29-30 Augustus te gaan verteenwoordig. “Jy is ‘n ware seester en ons is trots op jou,” sê Bertruline.

“Baie dankie aan Gamco vir die nuwe stel spelersklere wat deur hulle geskenk is. Ons het groot waardering daarvoor en sal ons beste op die netbalvelde lewer.” Nou sien die Sea Stars uit na die bekeruitdeling te Caldon op 6 September en hulle hoop vir die beste.

Navrae rakende die Sea Stars Netbalspn kan aan Bertruline Dickson by 072-707-5687 gerig word.         

Hardus Botha

Sea Stars wag in spanning

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant