Rolbal nuus

Rolbal nuus

Gansbaai Courant

Die afgelope Saterdag het Franskraal Rolbalklub 'n interne driespel kompetisie aangebied.  Ons hoofborg van die dag was Colour Box.  Met ons aankoms by die klub is ons spelers begroet met, weer eens, 'n pragtige dag wat toestande ideaal gemaak het vir spel.   Twaalf spanne, met drie spelers per span, het hul bes gelewer om bo aan die punteleer te eindig en rolbal uit die boonste rakke kom deur besoekers en ondersteuners geniet word.  Die kompetisie was straf en die wenners van die dag kon eers na afloop van die laaste wedstrydebepaal word. 

Die wenners op die dag was Wallie Nimb en sy span bestaande uit Comien Groenewaldt en Roelof Eksteen. 

Tweede was Hettie Lass en haar span  en Derde was Jan Fouche en sy span.  Baie geluk aan julle. 

Daar is hard agter die skerms gewerk om die dag moontlik te maak en ons is baie dank verskuldig aan die volgende persone: Tommie van Niekerk en sy span bestaande uit Johan Fick en Roelof Eksteen vir die versorging en uitmerk van die baan; Archie Chambers vir die uitsit van spanne en baantrekkings.  Jan Fouche was verantwoordelik vir die uitwerk van die finale puntestand aan die einde van die dag.  Op Kristo Jooste, ons penningmeester, se skouers het die verantwoordelikheid gerus om die boeke vir die dag te laat klop.  Dan het Pieter Wessels en Fred Rossouw by die “22nd End” daarvoor gesorg dat alle vloeibare verversings koud en gereed was vir ons spelers.  Ons hartlike dank aan hierdie gewillige klublede vir hul harde werk.

Enige kompetisie wat deur ons klub aangebied word, sou nie moontlik wees sonder borge nie.  Daarom is dit my voorreg om vir Salmon en Melanie Herselman van Colour Box, ons hoofborg van die dag, baie hartlik te bedank vir die pragtige bedrag wat hulle toe ons beskikking gestel het om hierdie dag aan te bied.  Hulle is al vir baie jare een van ons getroue borge en hul volgehoue bystand en ondersteuning word baie hoog op prys gestel.  Sonder julle sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.

Laaste maar beslis nie die minste nie, 'n woord van hartlike dank aan Zonart Kaggels vir hulle kontant bydrae en aan Raka wynkelders vir hul donasie van heerlike wyn wat ons as pryse kom aanwend. Al bogenoemde persone en instansies se bydraes het meegehelp om van hierdie dag 'n groot sukses te maak. Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant