Trotse Gansbaaiers blom

Trotse Gansbaaiers blom

Gansbaai Courant

 “Weer eens het ons vanaand geluister na positiewe verskille wat mense in die lewens van ander kan maak,” het rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, tydens die prestige Burgemeesterstoekenningsaand gesê. “Elkeen doen daardie ietsie ekstra wat hulle as alledaags beskou, maar wat wel ‘n groot impak maak op die natuur of in die gemeenskap.” Nege trotse Gansbaaiers was by die groep van genomineerdes op Dinsdag, 26 Augustus 2014 ingesluit.

Die “Vrou van die Jaar”-toekenning is aan Ena Geldenhuys oorhandig vir haar liefde vir haar pasiënte en die toewyding waarmee sy aandag en versorging aan hulle wy.

Onder die finaliste, wat eweneens ‘n groot eer is, was twee Gansbaaiers: Annelie Jonker van BARC, vir haar buitegewone passie vir verwaarloosde diere en Lean Terblanche, Director: Football Foundation of South Africa and Grootbos Foundation, for her designs, implements and manages community development projects. In die kategorie van Sertifikate vir Uitnemendheid, is almal as wenners in eie reg beskou. In hierdie groep van 8, was daar 5 trotse Gansbaaiers.

Frikkie Zeelie, Gansbaai AGS se pastoor, vir sy passie vir bejaardes en voorskoolse kinders, asook sy enorme rol wat hy op verskeie gebiede in Beverley Hills speel. Tommy Volkwyn, Skoolhoof van Gansbaai Primêr vir die positiewe veranderinge op verskeie gebiede by Gansbaai Primêr sedert sy aanstelling. Lesley Richardson, Executive Director of Flower Valley Conservation Trust, who promoted the need for ECD as foundation for conservation and community work, and secured a contract with the Department of Social Development for centre based ECD facilities. Jason Stonehewer from Pearly Beach Marine Informele Kiosk, an active participant in nature conservation and conservation of marine ecology. Anchelle Damon from the Future Program at Grootbos who was chosen as one of the top three students to visit the Eden Project in Cornwall, England. She is a knowledgeable field guide and excellent ambassador for Gansbaai. “Aan almal wat vanaand ‘n sertifikaat ontvang het, baie geluk en dankie vir die voorbeeld wat aan ons almal gestel word. Kom ons raak almal op een of ander manier betrokke - Dit kan ‘n verskil maak!” het rdl Nicolette Botha-Guthrie gesê.

Hardus Botha

Trotse Gansbaaiers blom

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant