GANSBAAI VLV NUUS

GANSBAAI VLV NUUS

Gansbaai Courant

VLVK (Vroue Landbou Vereniging Kaapland)  wat hierdie jaar 85 jaar oud geword het, het hulle jaarlikse Kongres op Upington gehou op 19-21 Augustus. 12 van  Sirkel Overberg het die langpad aangedurf met ‘n bus wat uit die Kaap vertrek het. Rienie Lüdick en Annatjie Liebenberg het Gansbaai verteenwoordig.

Dit was ‘n vol program met verskeie bekende sprekers onder andere  Herman Lensing, Kosredakteur Sarie, Mnr Dawie Roodt, Direkteur Hoofekonoom van die Efficient Groep,Mnr Johannes Möller- Landbou in SA, Mev Magdi de Kock – Westfalia, Christine Ferreira, Redakteur LEEF, Dr Carl Albrecht, Hoof van Kankernavorsing van die Kankervereniging van SA, met die baie interesante praatjie oor Kanker in die kombuis en  Dr Riana Scheepers: ‘n Vrou met visie is ‘n vrou met insig.

‘n Heerlike kultuuraand wat gevolg is met ‘n dinee en konsert is op Dinsdagaand aangebied met kunstenaars Nohline Grobler en Franz Geldenhuys. Woensdagaand het al die Sirkels in Kaapland deelgeneem in ‘n verskeidenheids konsert. Overberg het die sprokie van die 3 varkies, 3 beertjies, rooikappie en die 7 dwergies aangebied. Dit was omtrent ‘n deurmekaar spul veral toe Rooikappie (Annatjie Liebenberg) besluit  het om sommer haar eie dialoog in te sit, die mense het heerlik saamgelag. Sirkel Overberg het goed gevaar in die kompetisies: Kleinmond is 6de vir Borduurwerk, 2de vir breiwerk, Bredasdorp :1ste met masjienwerk, 3rde vir Weefwerk, 3rde vir Knoopwerk, Jongensklip: 4de vir Hekelwerk, en Corrie Fourie 5de vir Knoopwerk, Hermanus: 4de vir fotografie en 5de vir Skoen-fleur.  

Ons eie Ronel de Villiers het 80% gekry vir haar klei engeltjie en 80% vir haar mosaaik teel. Baie geluk Ronel, ons is trots op jou. Overberg Sirkel het die skild ontvang vir die meeste kompetisie punte op kongres en die Callie Liebenberg trofeë vir verdienstelikheid is ook ontvang.Verskeie sertifikate van verdienstelikheid is ook aan ons Sirkel uitgedeel. 

Gansbaai VLV dames onthou ons vergader komende Dinsdag om 15:00 in die Pretoriussaal en Mary Badenhorst van Landbou gaan ons inlig oor die problem wat tans ondervind word met die Vyeboom. Ons wil ook graag ‘n mark tafel aanbied en vra dat die lede asseblief elkeen ‘n ietsie bring. Wat tak kompetisies aanbetref, vir die gebak is dit die Biscotti beskuit vir volgende jaar se konferensie gebak, mikrogolf val weg. Ons sien daarna uit om julle almal te sien, en ons rig graag ‘n uitnodiging aan al die dames van Gansbaai om by ons besoek te kom aflê. Onthou, dit gaan nie net oor kompetisies nie (vrywillige deelname) daar is baie te leer en te ondervind. Kontak Rienie by 028 38 41170 vir inligting.

GANSBAAI VLV NUUS

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant