Verskil tussen Kyk en Sien

Verskil tussen Kyk en Sien

Gansbaai Courant

 “The Art of Seeing…..Beyond the Obvious,” was die tema waarmee Gansbaai Fotografieklub se gasspreker, Max Leipodt, sy aanbieding begin het. “Om na ‘n voorwerp te ‘kyk’, word die oë gebruik, maar om die voorwerp te ‘sien’, word dit ‘n funksie van die brein,” het Max gesê. “Dit waarna julle kyk, word deur die brein gekondisioneer, maar jy kan nie jou oë kondisioneer nie.”

Tydens sy aanbieding het hy uitstekende foto’s ter illustrasie van sy standpunt vertoon. Hy het ook die belangrikheid van gepaste onderskrifte beklemtoon. Hy het gesê ’n onderskrif, ook humoristiese onderskrifte, is dit wat in die foto gesien word en kan in geheel van die werklikheid van die foto verskil, met selfs figure wat in ‘n eenvoudige foto soos byvoorbeeld van roes, raakgesien word. Die belangrikheid van gepaste onderskrifte is om met die kyker te kommunikeer en daarvoor is eie verbeelding nodig. “Compose, but don’t pretend!” het Max gesê. Enkele wenke wat Max met die klublede gedeel het, is om nooit ‘n kamera weg te pak nie, selfs nie in gure weersomstandighede nie. Julle moet ook nooit na nuwe landskappe ‘soek’ nie, kyk net met nuwe oë daarna en moet nooit net een foto neem en wegstap nie. As jy hou van wat jy sien, neem weer en weer.” Max is sonder twyfel ‘n professionele fotograaf met uitstaande kennis en is ook ‘n lid van die Hermanus Photo Society in Hermanus.

Tydens Gansbaai Fotografieklub se interne fotokompetisie het hy as beoordelaar opgetree en was hoogs beïndruk met die foto’s wat ingedien is. Voorsitter Christo Wessels het enkele sake van belang uitgelig, soos die volgende gasspreker, Hennie Otto (“Boat based photography”), die volgende tema’s vir beoordeling wat “Lente/Spring” en “Vervoer/Transport” is, die naweek by Baardskeerdersbos (“Murasie”) en die klub se deelname aan die Funky Fynbosfees.

Vir meer besonderhede hieroor, asook klubnavrae, kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Verskil tussen Kyk en Sien

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant