Ja Wonderwerke gebeur nog

Ja  Wonderwerke gebeur nog

Gansbaai Courant

“HERE, U is my GOD! Ek wil U prys en U Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.” (Jes. 25:1) 

“Ek betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste GOD gedoen het, kon belewe.” (Dan. 4:2) 

“Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.” (Hand. 2:43) 

Die vraag wat baie keer by Christene opkom is of daar nog wonderwerke vandag plaasvind soos in die tyd van die Bybel. Hoekom sien ons nie hoe verlamdes weer loop en blindes kan sien nie? Ons bid vurig vir mense wat kanker het of in ’n krisis verkeer en vir ons lyk dit asof daar niks gebeur nie. Waar lê die fout,  vra ons almal. Is ons geloof te klein? Jesus kon ook nie orals waar Hy gegaan het wonderwerke doen nie, vanweë die ongeloof van die mense. “Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.” (Mat 13:58).

Wat maak ons met teksverse in die Bybel wat sê: “As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Mat. 21:22; Kyk ook Mat. 9:29; Mar. 9:23; 11:23; Joh. 14:14;). Ek praat nie van die baie vals christusse wat rondloop en verkondig dat hulle mense kan gesond maak nie. Jesus self waarsku ons teen hulle: “Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.” (Mat 24:24)  Ek en jy soek na wonderwerke wat in ons lewe en rondom ons gebeur, is dit nie? Ek dink dit het tyd geword dat ons vra dat GOD ons oë oopmaak en dat ons sal raaksien hoeveel wonderwerke daar tog plaasvind elke dag.

Kom ons vertel mekaar van al die kere wat GOD ons gespaar het in ’n gevaarlike situasie. Toe ’n kar jou rakelings gemis het, of die elektrisiteit af was toe jy aan die lewendige draad gevat het. Daar is baie mense wat genees word van kanker en virusse. Jy bid nie tevergeefs nie – GOD gee krag en uitkoms in baie situasies. GOD gee genesing soos Hy wil! (Heb. 2:4)  GOD self besluit waarom Hy wonderwerke wil laat plaasvind vir ’n spesifieke doel! (Joh. 20:31)

Mag ek getuig? Toe ons drie jaar terug geroep is Gansbaai toe het ons die Vrydagaand ’n teken gevra. GOD moes vir Linda se gym ’n kontantkoper stuur. Drie dae later, die Maandagoggend stap ’n wildvreemde vrou in by die gym en koop dit kontant!  ’n Wonderwerk!  Toe ons die gebou in Gansbaai huur vir O.M.G.E.E Bediening het ons die maandelikse huur gekort. Een Sondag stap ’n inwoner van Hermanus by ons erediens in en bied aan om elke maand die huur te betaal! Só kan ons almal aangaan en aangaan om te getuig dat GOD se wonderwerke nog gebeur! Ja, ons moet glo dat GOD getrou is. Net soos in die tyd van die Bybel, gee Hy vandag nog wonderwerke. Prys die HERE!

Ja  Wonderwerke gebeur nog

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant