Moenie rentekoerse vasstel nie verminder jou balans

Moenie rentekoerse vasstel nie  verminder jou balans

Gansbaai Courant

Die moontlikheid van verdere stygings in rentekoerse later vanjaar en vroeg volgende jaar het talle verbruikers genoop om hul banke te nader om rentekoerse op huislenings en ander skuld vas te knoop. 

Maar, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, die beste tyd om koerse vas te stel is wanneer rentekoerse daal of konstant bly, nie wanneer dit styg nie. 

"Teen die tyd wat die Reserwebank koerse begin verhoog  - soos in Januarie en weer in Julie - en die banke verdere stygings voorsien, word 'n groot premie vir die voorreg om 'n konstante maandelikse betaling te maak, gehef. 

"Byvoorbeeld, as jy op die oomblik die primakoers van 9,25% op jou huislening betaal, sal die meeste banke die koers tot minstens 11,25% en waarskynlik meer verhoog as jy versoek dat die koers vir die volgende twee jaar vasgestel word. 

"En op 'n lening van R1m sal dit elke maand sowat R1300 by jou maandelikse betaling voeg, wat 'n hoë prys is om vir 'gemoedsrus' dat die bedrag die volgende twee jaar konstant gaan bly, te betaal."

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat die bykomende bedrag boonop nie die termyn van die lening gaan verkort of jou enige geld op die lang duur gaan spaar nie. 

"In 'n neutedop is dit geld in die water as die primakoers nie skielik tot 11,25% of meer in die volgende paar maande styg nie - wat heel onwaarskynlik is." 

Gevolglik, sê Everitt, sou dit baie meer voordelig wees om die bykomende bedrag in jou huislening in te betaal om die kapitaal so vinnig as moontlik te verlaag, indien jy dit kan bekostig. 

"Skulddelgingstabelle toon inderdaad dat as jy die bykomende bedrag net vir ses maande betaal jy die R1m balans van die lening tot sowat R983 000 sal verlaag - en dat jy teen dieselfde maandelikse bedrag 'n 2% styging in rentekoerse sal kan absorbeer." 

En as rentekoerse met minder as 2% styg en jy steeds elke maand dieselfde bedrag betaal, sal jy die termyn van jou lening met 'n hele paar jaar verkort en waarskynlik 'n paar honderd duisend rand aan rentebetalings bespaar, sê hy.

Moenie rentekoerse vasstel nie  verminder jou balans

Berry Everitt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant