Resensie

Resensie

Gansbaai Courant

 So kook mens

Skrywer: Hannetjie Joubert

Prys: R274.95

ISBN: 978-0-7993-6821-5

Met hedendaagse werksdruk en lang ure is daar ’n groot behoefte om bekostigbare kos voor te berei met min moeite. So kook mens is gebaseer op die beginsel van kettingkook. Kettingkook behels dat jy meer as een porsie kos voorberei en dan bevries vir latere gebruik – hierdie porsies kan dan later omgetower word in ’n  heel ander vorm en voorkoms. Verskeie variasieresepte sorg dat alledaagse kosmaak ’n avontuur is, die mikrogolf jou beste vriend word en die vrieskas ’n getroue huismaat.

Kook en geniet was destyds ’n unieke boek, want dit het aangeneem mense weet nie wat om in die kombuis te doen nie; mense het daardie boek gekoop om soos ma te leer kook. Só kook mens se aanslag is anders, die stappe word ook presies verduidelik, maar hier word gepraat met moderne, werkende mense wat min tyd het en die behoefte aan goeie restaurantkos, maar die begroting van ’n gewone mens.

Só kook mens is iets wat alle jong werkende mense in hulle kombuise moet hê – heelwat middeljariges sal ook veel hierby baat.

Hannatjie Joubert is ’n bekende in kosmaakkringe. Sy is in die jare negentig as die Vleisraad se Braaikoningin gekroon, die eerste vrou wat hierdie gesogte prys gewen het, en het daarna in etlike braaikompetisies die mans laat rook eet. Sy bestuur tans haar eie restaurant en spyseniersbesigheid waarvandaan sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Haar vorige boek, Bottel en gebruik, was uiters gewild.

Resensie

So kook mens

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant