Snoek se dinge

Snoek se dinge

Gansbaai Courant

Daar word by ons snoek gevang, maar dit KOS. Menende jy sukkel. Hierdie week gaan ons weer oor hierdie vis gesels, maar sommer oor die algemeen.

Dis mos groot stories wanneer ons die snoek uiteindelik by ons kan aankeer. Maar dink bietjie hoe gaan dit elders.

Ek was so ‘n ruk terug op besoek aan die weskus en het daar gepraat met ‘n skipper vir wie dit om baie meer gaan as om net ‘n snoekie op die kole te kry.

Die skipper was MOEG. Die oë het halfmas gehang en sy hande oortrek van die letsels, gelaat deur die vang van baie snoek.. Jy kon maar sy stories glo. Hulle kom eers laat die aand tuis en het waarskynlik die vorige aand nie by die huis geslaap nie. En daar moet baie gery word. Kom hulle vanaf die Kaap-omgewing by Yzerfontein of Stompneusbaai en is die water nie reg nie, is alles vergeefs en word daar na ander plekke gesoek waar die boot wel die see kan in. Waarom sal hulle tot hierdie uiterste gaan? Hy het my vertel dat hulle die vorige twee dae meer as tweeduisend snoek aan boord gehad het  -- albei dae!  Dis die lewe vir hulle en dis hoe hulle moet bestaan. Vergelyk dit nou met die moeite wat ons aangaan en die tyd wat ons spandeer en hoeveel snoek ons vang, net om balans te verkry. Die voordeel vir die manne daar is dat die snoek dalk vandag nie daar mag wees nie, maar more, of dalk heelwat later kan daar weer gemaai word onder hulle. Hier by ons weet ek sal daar manne wees wat ook meer as die normale doen en as gevolg van hulle kundigheid en deursettings- vermoë nie sal terugstaan wanneer dit kom by die vang van snoek nie.. Hulle sal weet waarvan ek praat.

‘n Lekker resep vir die braai van ‘n snoekie, volgende keer?

Groete, Seemeeu

Snoek se dinge

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant