Biblioteek gesluit

Biblioteek gesluit

Gansbaai Courant

Gelukkig nie soos in permanent nie, daarvoor is die biblioteek té gewild en belangrik. Dit is op Donderdag, 11 September (vandag) gesluit vir ‘n besoek deur die Provinsie se Boekewa om nuwe boeke af te lewer en te registreer. Dan kan nou reeds kennis geneem word dat die biblioteek ook op Maandag, 22 September gesluit sal wees. Hulle rekenaarstelsel gaan opgradeer word om sake nóg beter te laat vlot as wat alreeds die geval is.

“Ons doen maar weer eens ‘n beroep op die gemeenskap dat die belangrikheid om van die biblioteek gebruik te maak, van uiterste belang is,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris. “Hierdie beroep word op volwassenes én kinders gedoen.” In hierdie verband verwys Sharman na ‘n opmerking deur Albert Einstein: “The only thing that you absolutely have to know, is the location of your library!” Vier van die personeellede het ook aan die munisipaliteit se Loslitdag op 5 September deelgeneem, met hulle eie afskorting op die grasperk vir nie-bederfbare goedere vir Elim Tehuis en die Gansbaai Huis. Gansbaai Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde, Busisiwe Mtatase en ‘n gereelde aflos, Ronette Dreyer.

Hulle gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.                                                   

Hardus Botha

Biblioteek gesluit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant