Bill 90 jaar jonk

Bill 90 jaar jonk

Gansbaai Courant

Bill Clarke van McClarke’s Selfcatering Units het op 3 September sy 90ste verjaardag gevier, en hy lyk nog soos toe Gansbaai Courant in April 2001 ‘n profiel oor hom gedoen het.

Bill is op 3 September 1924 in Kalkbaai gebore, waar sy pa snoekvangstes teen 2½ pennies per snoek verkoop het. Op 14-jarige ouderdom moes hy die skool verlaat en begin werk om die gesin te help onderhou…..teen 10 sjielings per dag as “Page Boy” by die Majestic Hotel. Op sy 15de verjaardag het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en het hy later van tyd ‘n ten volle opgeleide soldaat geword. Hy is ook na Egipte gestuur waar hy hom by die 43ste Ligte Lugafweer Regiment aangesluit het. In 1972 tree hy met Marina Nowers in die huwelik en in 1992 verhuis die egpaar na Gansbaai. In 1993 koop hulle Ciro’s Restaurant, wat hulle in 2004 weer verkoop. Intussen het hulle reeds in 2003 met McClarke’s Selfcatering Units begin, met Marina se voorletters as die eerste twee letters. Bill verkeer nog in uitstekende gesondheid en is nog net so bedrywig soos altyd

 Hardus Botha

Bill 90 jaar jonk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant