HaS se dankbaarheid

HaS se dankbaarheid

Gansbaai Courant

“Na aanleiding van ‘n skrywe aan kinders, kleinkinders en agterkleinkinders deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, het Gansbaai Lionsklub besluit om ‘n bydrae tot hulle komende basaar te lewer,” vertel Ivy van Huyssteen van die Lions. “Omdat my moeder ook ‘n inwoner is, het ek besluit om self ook ‘n bydrae te lewer.” Ivy het ‘n tjek ten bedrae van R500 as Gansbaai Lions se bydrae aan die Bestuurder, John van Rooyen en suster Linda Meyer oorhandig. Die Lions se versoek is dat dié bedrag vir die lekkergoedtafel aangewend sal word. Terselfdertyd het Ivy twee pragtige skilderye, wat sy self geskilder het, oorhandig om tydens die basaar verkoop te word. “Dis altyd vir ons ‘n groot voorreg om hulp en ondersteuning in enige vorm te kan ontvang,” het John gesê. Die Tehuis se brief het na stygende kostes verwys en gemeld dat Gansbaai se Goue Hande se grootste jaarlikse fondsinsameling die jaarlikse basaar is. 

 ‘n Versoek is tot familielede van inwoners gerig om by een van die verskeie afdelings van die basaar in te skakel of om bydraes op een of ander wyse te lewer. Die komende basaar is vir Saterdag, 4 Oktober 2014 vanaf 10:00 geskeduleer en bied weer eens ‘n groot verskeidenheid van lekkernye, etes, handwerk, koeke en veel meer aan. Die gewildheid van hierdie basaar noop besoekers om betyds op te daag of dis neusie verby met die velerlei lekkernye.

Navrae vir hulp en/of bydraes kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 gerig word.

Hardus Botha

HaS se dankbaarheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant