Nuwe Fynbosspesie

Nuwe Fynbosspesie

Gansbaai Courant

Tydens die pasafgelope Cape Floral Kingdom Ekspo, is die nuwe fynbosspesie wat ontdek, spesiaal uitgestal. Die spesie is van die familie Fabaceae en is na die ontdekker daarvan, Nicky van Berkel van Knysna, vernoem: die Psoralea vanberkelae.

Nicky het die spesie in die Robberg Kuskorridor tussen Robberg en Harkerville op die Kaapse Tuinroete ontdek. Tussen Oktober en Februarie is die plant vol klein en fyn blou blommetjies. Nicky, ‘n kundige op hierdie gebied, het die eerste fotos van die plant in Augustus 2011 geneem. “Ek het nie geweet dat die spesie baie spesiaal is nie, behalwe dat ek dit nog nooit voorheen gesien het nie,” het sy gesê.

Gedurende Februarie vanjaar, het prof Charles Stirton van die Botaniese Departement aan die Universiteit van Kaapstad, die area besoek. Hy het bevestig dat dit wel ‘n nuwe spesie is wat ontdek is. Nicky het gesê sy voel nederig omdat die spesie na haar vernoem is. “Ek hoop net dat die ontdekking van nuwe spesies mense sal help om nog meer intens bewus te raak van die belangrikheid van bewaring,” het sy beskeie gesê.

Die amptelike bekendmaking van die nuwe spesie is eers onlangs deur Robberg Coastal Corridor Landowner’s’ Association aangekondig. Hierdie organisasie werk nou saam met Sanparke en CapeNature in die Robberg Natuurreservaat. “Wie weet hoeveel ander nuwe spesies is daar buite wat wag om ontdek te word,” het die brosjure mee afgesluit.

Hardus Botha

Nuwe Fynbosspesie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant